If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

P

Gee pad vir hom.Get out of his way.
Op die verkeerde pad bring (lei).To lead astray.
Op die regte pad hou.To keep straight.
In die pad steek.To dismiss (OR) send packing.
Hy is 'n opgeblaasde padda.He is a conceited fool.
Hy het sak en pak verdwyn.He disappeared bag and baggage.
Hy is 'n pap kêrel.He is a weakling.
Sit dit op papier.Put it in writing.
Hy kies party vir jou teen my.He sides with you against me.
Dit pas in sy kraam.It suits his purpose.
Die pak pas my.The suit fits me.
Dit pas jou nie om met hulle om te gaan nie.It doesn't become you to associate with them.
Daardie hoed pas nie by jou klere nie.That hat does not match (with) your clothes.
Hulle pas nie by mekaar nie.They do not suit each other.
Die skoen pas jou, daarom word jy kwaad.The cap fits, that's why you get angry.
Ons is van plan om 'n jaarblad uit te gee.We intend publishing an annual.
Pas op vir die trein.Look out for the train.
Die leeu pyl op my af.The lion makes straight for me.
Jy kan nie op hom peil trek nie.You can't rely on him.
Ons peil die diepte.We sound (plumb) the depth.
Klein van persoon.Of small figure (size) (OR) small in stature.
Moenie met die masjien peuter nie.Don't tamper with the engine.
Iemand om jou pinkie draai.To twist someone round your (little) finger.
'n Plan uitdink.To devise a plan.
Met die plan om.With the intention of.
Glad nie 'n slegte plan nie.Not a bad idea.
Ek was platsak.I was penniless.
Iemand op sy plek sit.To put someone in his place.
Neem plek (plaas) op 'n stoel.Sit down. (OR) Have a chair.
Doen my die plesier.Do me the favour.
Ons het dit vir die plesier gedoen.We did it for fun.
'n Pond botter.A pound of butter.
Toe het die poppe gedans.Then the fat was in the fire.
Oor die pos.By post.
Hy is nie by sy positiewe nie.He's not in his senses (OR) not in his right mind.
Hy het sy positiewe verloor.He lost his head.
Die pot verwyt die ketel.The pot calls the kettle black.
Hy moet nou sy eie potjie krap.He must now stand on his own legs.
Dis sommer praatjies.It's idle talk.
lemand op die proef stel.To put someone to the test.
Hy stel my geduld op die proef.He taxes my patience.
Hy kon die proef nie deurstaan.He could not stand the test.
Kort proses maak met.Make short work of.
Op prys stel.To appreciate (OR) value highly.
Publiek verkoop.To sell by public auction.
Op die punt van my tong.On the up of my tongue.
Hy het die saak punt vir punt behandel.He dealt with the matter point by point.
Die besprekinge het 'n dooie punt bereik.Discussions have reached a dead-lock.
Soos 'n pyl uit die boog.As swift as an arrow.


R

Ten einde raad wees.To be at one's wit's end.
Die spoor byster raak.To be at a loss (to be at sea).
Die honde het van die spoor geraak.The hounds lost the track.
Hy het van sy verstand geraak.He lost his reason.
Dit raak iou nie.It does not concern you.
Slaags raak.To come to blows.
Dit was 'n raak hou.That blow went home.
Die rand van 'n hoed.The brim of a hat.
Op die rand van die afgrond.On the brink of a precipice.
Vol tot aan die rand.Full to the brim.
Aan die rand van die graf.On the verge of death.
Op die rand van die woestyn.On the fringe of the desert.
Die rede is dat jy lui is.The reason is that you are lazy.
'n Reeks berge ( 'n bergreeks).A chain of mountains (a mountain range).
'n Reeks gebeurtenisse.A train (series) of events.
In die reël.As a rule.
Hy is nie heeltemal reg nie.He is half-witted (OR) he is not all there.
'n Regte domoor.A real dunce.
Kan jy alleen regkom?Can you manage alone?
Ek kom reg met hom.I get on with him.
So reg soos 'n roer.As fit as a fiddle.
Hy is regs.He is right-handed.
Draai regs.Turn to the right.
Kry jy dit reg?Can you manage it?
Kom jy reg?Can you manage?
Regsom keer.Right about turn.
Die dae rek.The days are lengthenung.
Daarop het ek nie gereken nie.I did not bargain for that.
'n Rekening vereffen.To settle an account.
Jy moet rekening hou met sy ouderdom.You must take his age into consideration.
Op rekening koop.To buy on credit (account).
Jy sal jou rieme styfloop.You'll find yourself in hot water.
Hy lê die rieme neer.He takes to his heels.
'n Geweer op iemand rig.To point a gun at someone.
Iets in die lewe roep.To call into being.
Hy is aan die roer van sake.He is at the helm.
Roer jou.Hurry up.
So reg soos 'n roer.As fit as a fiddle (OR) as right as rain.
Dit roer hom diep.He is deeply moved.
'n Rol speel.To play a part.
In die rug aanval.To attack in the rear.
In ruil vir.In exchange for.
'n Ruim keuse.A wide choice.
Hulle het dit nie ruim (breed) nie.They can hardly make ends meet.
Met rukke en stote.By fits and starts.
Iemand in die wiele ry.To put a spoke in someone's wheel.
Na ryp beraad.After due consideration.