If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My Gesin en my Familie

Introduce yourself and talk about your family (age, gender, birthdays, job, school, hobbies, relationships, etc.)

Stel jouself voor en praat oor jou gesin/familie (ouderdom, geslag, verjaarsdae, werk, skool, stokperdjies, verhoudinge, ens.)

Gesin: My pa (ma, broer, suster) se naam is.
Familie: Ek het 'n oupa en twee oumas. Aan my pa se kant het ek twee ooms en twee tantes. Aan my ma se kant is daar net een tante (tannie). Sy is nie getroud nie. Ek het ses niggies en twee nefies.
Ouderdom: Ek is twee-en-twintig jaar oud.
Geslag: Ek is 'n vrou, en daar is twee vrouens en drie mans in ons gesin.
Verjaarsdae: My verjaarsdag is op 12 April. My suster se verjaarsdag...
Werk: My pa werk by ... My ma werk vir die president.
Skool: Ek is nie op skool nie, maar my suster ...
Stokperdjies: Ek hou van skaak speel, en tafeltennis.

My Familie

My naam is Nestor. Ek is vyftien jaar oud en ek is in graad tien. My vakke op skool is biologie, wetenskap, sosiale studies, wiskunde, en Duits. Ek speel vlugbal en sokker. My stokperdjie is fietsry. Ek het 'n bergfiets en ek ky elke naweek by die rivier.

My suster, Benita, is ouer as ek. Sy is sestien jaar oud en sy is in graad elf. Sy hou van swem en gimnastiek. Sy speel ook die klavier en die viool. Sy is baie musikaal. Sy doen goed op skool en sy wil eendag 'n dokter word. Sy wil spesialiseer as 'n kinderarts. Sy is mal oor klein kindertjies.

My pa en my oupa is prokureurs. Hulle is vennote by dieselfde praktyk. My pa geniet sy werk. My pa hou ook van fietsry en ons ry baie keer saam by die rivier.

My ma is 'n inspektrise. Sy werk by 'n fabriek en sy moet seker maak die kwalititeit van die produkte is goed.

My pa se ouers is oupa Josef en ouma Kathy. Soos jy weet is oupa Josef ook 'n prokureur. Ouma Kathy is nou by die huis. Haar gesondheid is nie meer so goed nie. Ons sien my ouma en oupa elke naweek. Hulle kom Sondae by ons eet. 

My ma se pa is oorlede. Hy is dood toe ek baie klein was. Ek kan hom nie onthou nie. My ma se ma, Ouma Sandra werk by 'n bank. Sy woon drie ure van ons af. Ons gaan so drie of vier keer per jaar vir haar kuier. In die somer dan kom sy altyd saam met ons op vakansie. Sy het 'n baie goeie algemene kennis, en dit is baie interessant om na haar te luister.

Ons het ook 'n hond, Wollie. My ma wil 'n kat hê, maar dit sal nie werk nie, want my pa is allergies vir katte. As daar 'n kat in die kamer is, dan trek sy neus toe en hy begin hoes.

Vrae oor jou familie en jou gesin

  1. Wat is jou naam? Hoe oud is jy? Wat doen jy (werk, studeer)?
  2. Wat is jou pa se naam? Hoe oud is jou pa? Wat doen jou pa (waar werk hy)?
  3. Wat is jou ma se naam? Hoe oud is jou ma? Wat doen jou ma (waar werk sy)?
  4. Het jy broers of susters? (ouderdom, wat doen julle, ...)
  5. Is jy getroud? (Wat is jou eggenoot [man/vrou] se naam?
  6. Vertel my van jou ouma en oupa en van jou ooms en tannies.