If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Beskryf jou tuisdorp

Voorbeeld:

Jy ontmoet iemand by die bushalte in Italië. Beskryf jou tuisdorp aan die persoon.

1. Hoe groot is jou tuisdorp?
- Daar is omtrent 1.5 miljoen mense in my tuisdorp

2. Waar is jou tuisdorp?
- Ek kom van Pretoria, Suid-Afrika af.

3. Vertel my van die natuur en die weer in jou tuisdorp.
- Pretoria is warm in die somer. Die temperatuur wissel tussen 22 grade Celsius en 34 grade Celsius. Die gemiddelde temperatuur in die somer is 28 grade Celsius. Daar is baie bome in Pretoria. Die bekendste boom in Pretoria is die Jakaranda boom. Dit reën baie tussen Desember en Maart. Dit reën nie baie in die winter nie. Die winter is van Mei tot Augustus. In die winter wissel die temperatuur tussen 2 grade celsius en 18 grade celsius.

4. Vertel my van onderwys in jou tuisdorp.
- Pretoria het baie skole en drie universiteite.