T
| Hy is wel ter tale. | • | He is a fluent speaker. |
| Met lang tande eet. | • | To toy with one's food (OR) eat without relish. |
| Op jou tande byt. | • | To set one's teeth. |
| Sy dae is getel. | • | His days are numbered. |
| Ten onder gaan. | • | To be ruined (OR) go to rack and ruin (OR) go to the dogs. |
| Die teuels laat skiet. | • | To give (a horse) the reins (OR) give free scope (re in to.) |
| In een teug. | • | At a gulp. |
| Hy het op sy tone deur die huis geloop. | • | He tiptoed through the house. |
| Hy slaan 'n hoë toon aan. | • | He rides the high horse. |
| Hy wil graag die toon aangee. | • | He likes to take the lead. |
| Tou opgooi. | • | To give in (OR) throw up the sponge. |
| Op tou sit. | • | To set on foot. |
| Dit traak jou nie. | • | It's none of your business. |
| Die dief sit agter die tralies. | • | The thief is behind the bars (locked up). |
| Maatreëls tref. | • | To take measures. |
| Hy trek aan sy pyp. | • | He puffs at his pipe. |
| Die lug trek toe. | • | The sky is becoming overcast (cloudy). |
| Sy bors trek toe. | • | He has a cold on the chest. |
| Laat die tee trek. | • | Allow the tea to draw. |
| Ek het 'n tand laat trek. | • | I had a tooth extracted. |
| Dit sal blare op die vel trek. | • | It will raise blisters on the skin. |
| Hy verkoop twak. | • | He talks nonsense. |
| Dit kos baie tyd. | • | It takes much time. |
| Op vaste tye. | • | At regular times. |
| Teen daardie tyd. | • | By that time. |
U
| Uit wanhoop. | • | In despair. |
| Uit ryk ouers gebore. | • | Born of wealthy parents. |
| Uit sy eie. | • | Of his own accord. |
| Uit agterlosigheid. | • | Through carelessness. |
| Uit ervaring. | • | By experience. |
| Uit 'n glas drink. | • | Drink from a glass. |
| Hy is op sy uiterste. | • | He is at death’s door. |
| Hy het met die saak uitgekom. | • | He brought the matter to light. |
| Kom uit vir jou misdaad. | • | Admit your crime. |
| Die waarheid sal uitkom. | • | The truth will become known (OR) truth will out. |
| Ons het na sy koms uitgesien. | • | We looked forward to his coming. |
| Hy het onverwags daar uitgeslaan. | • | He turned up there unexpectedly. |
V
| Dit val my swaar. | • | I find it difficult. |
| Daar val nie aan te dink nie. | • | It is out of the question. |
| Sy het die bord laat val. | • | She dropped the plate. |
| Dit val in die smaak. | • | It is popular. |
| Moenie 'n woord laat val nie. | • | Don't breathe (drop) a word. |
| Hy is van sy geld beroof. | • | He was robbed of his money. |
| Hy het van my geld gesteel. | • | He stole some money from me. |
| 'n Vriend van my (ons, hulle). | • | A friend of mine (ours, theirs). |
| 'n Vriend van jou (hom, haar). | • | A friend of yours (his, hers). |
| 'n Gedig van Shelley. | • | A poem by Shelley. |
| Gee vir my van jou lekkers. | • | Give me some of your sweets. |
| Huil van blydskap. | • | Weep for joy. |
| Hy kom ver vandaan. | • | He has come a long way. |
| Hy is nie vandag se kind nie. | • | He is no chicken. |
| Vars aartappels. | • | New potatoes. |
| Vars eiers. | • | New-laid eggs. |
| 'n Vaste gewoonte. | • | A regular habit. |
| 'n Vaste reël. | • | A fixed rule. |
| Vaste slaap. | • | Sound sleep. |
| Die hond lê vas. | • | The dog is chained up. |
| Ons het in die modder vasgesit. | • | We got stuck in the mud. |
| Jy sal jou vasloop. | • | You'll get into trouble. |
| Die skip het op 'n sandbank vasgeloop. | • | The ship ran aground on a sandbank. |
| Hy het teen 'n paal vasgeloop (vasgery). | • | He collided with a pillar. |
| Hy het die deksel vasgeslaan. | • | He nailed down the lid. |
| Hy het uit sy vel gespring van blydskap. | • | He was beside himself with joy. |
| Hy is uit die veld geslaan. | • | He was quite at a loss. |
| Ek sal met hom in verbinding tree. | • | I shall get into touch with him. |
| Hy was verdiep in 'n boek. | • | He was absorbed in a book. |
| Ons sou verkies om te gaan. | • | We should prefer to go. |
| Ek wil verboed dat dit gebeur. | • | I want to prevent it from happening. |
| Dit het veroorsaak dat hy val. | • | It caused him to fall. |
| Hy verlang huis toe. | • | He is homesick. |
| Hy is met verlof. | • | He is on leave. |
| Ek laat my nie van jou vermaak nie. | • | I can do without you. |
| Hy is verreveg nie so sterk soosjy nie. | • | He is by no means as strong as you are. |
| Ek vra jou om verskoning. | • | I beg your pardon (I apologize). |
| Hy het van sy verstand af geraak. | • | He lost his reason. |
| Hulle het tot armoede verval. | • | They,were reduced to poverty. |
| Die huis het verval. | • | The house has fallen intodisrepair. |
| Oortreders sal vervolg word. | • | Trespassers will be prosecuted. |
| 'n Vervolgverhaal. | • | A serial. |
| Jy verwar hom met sy broer. | • | You mistake him for his brother. |
| So waar as vet. | • | As sure as fate. |
| Vind jy sy gedrag goed? | • | Do you approve of his conduct? |
| Ek vind geen baat by die dokter se medisyne nie. | • | I do not benefit by the doctor's medicine. |
| Ek is, nie daarvoor te vinde nie. | • | I am not in favour of it (I do not approve of it). |
| Hy het lang vingers. | • | He is light-fingered. |
| Hy sal dit nie deur die vingerssien nie. | • | He will not overlook it. |
| Iemand op sy vingers tik. | • | To rap a person over the knuckles. |
| Moenie vir hom lag nie. | • | Don't laugh at him. |
| Gesond soos 'n vis. | • | Fit as a fiddle. |
| Die diere is goed van vleis. | • | The animals are in good condition. |
| In die vlug skiet. | • | To shoot on the wing. |
| Op die vlug ja. | • | To put to flight. |
| Op die vlug slaan (gaan). | • | To take to flight. |
| Op goeie voet. | • | On good terms. |
| Voor die voet. | • | Without exception. |
| Op vrye voete stel. | • | To set free. |
| Jou uit die voete maak. | • | To take to flight. |
| Voete in die wind slaan. | • | To take to flight (take to one's heels). |
| Vol punte behaal. | • | To score full marks. |
| Hy voorsien in al ons behoeftes. | • | He supplies all our needs. |
| Hulle is weer goeie vriende. | • | They have made it up again. |
| Jy ken hom aan sy vriende. | • | You know him by his friends. |
| Die vuur aanblaas. | • | To fan the fire (flames). |
| Ons het die vuur gestaak. | • | We ceased fire. |
| Ons het die vuur gestook. | • | We added fuel to the fire. |
| Tussen twee vure. | • | Between the devil and the deep blue sea. |
| Die gras het vuur gevat. | • | The grass caught fire. |
W
| Ek heg geen waarde aan sy woorde nie. | • | I attach no value to his words. |
| Ter waarde van R100. | • | To the value of R100. |
| Iemand die waarheid vertel. | • | To give someone a bit of one's mind. |
| Die waarheid verbloem. | • | To mince matters. |
| Die naakte waarheid. | • | The plain truth. |
| Agter die waarheid kom. | • | Get at the truth. |
| Die kans waarneem. | • | To seize the opportunity. |
| Die huishouding waarneem. | • | To keep house. |
| Iemand anders se pligte waarneem. | • | To take over the duties of somebody else. |
| Op wag staan. | • | To be on guard. |
| Hy weet nie wat hom te wag staan nie. | • | He does not know what is in store for him. |
| Hy het my laat wag. | • | He kept me waiting. |
| Met wapengeweld. | • | By force of arms. |
| Na die wapens gryp. | • | To take up arms. |
| Die wapens neerlê. | • | To lay down arms. |
| Onder die wapens roep. | • | To call to arms. |
| In die war bring. | • | To confuse (put out). |
| In diep water raak. | • | To get into trouble. |
| Soos water en vuur wees. | • | To be sworn enemies. |
| 'n Skip te water laat. | • | To launch a ship. |
| Stille water diepe grond. | • | Still waters run deep. |
| Heen en weer. | • | To and fro. |
| 'n Mens kan nooit weet nie. | • | One can never tell. |
| Ek kom met hom oor die weg. | • | I get on well with him. |
| Die dief weg met die geld. | • | The thief escaped (has gone) with the money. |
| Onderweg. | • | On the way. |
| Hy is wel ter tale. | • | He is a good speaker. |
| Die gedagte wen veld. | • | The idea is gaining ground. |
| Hy maak 'n wêreld van haar. | • | He makes a fuss of her. |
| Alles in die werk stel. | • | To leave no stone unturned. |
| Ek kan daar niks uit wys word nie. | • | I cannot make head or tail out of it. |