| Hoe gaan dit? | • | How are you? |
| Dit gaan goed met my. | • | I am doing well. |
| Dit gaan jou goed! | • | Good luck! (I wish you everything of the best). |
| Dit sal nie gaan nie. | • | That won't do. |
| So gaan dit maar. | • | That's the way of the world. |
| Gaan haal die dokter. | • | Go for the doctor; fetch the doctor. |
| Gaan slaap. | • | Go to bed. |
| Gaan trou. | • | Get married. |
| Gaan wandel. | • | Go for a walk. |
| Die wind het gaan lê. | • | The wind has dropped (died down; subsided). |
| Dit gaan jou nie aan nie. | • | That does not concern you. |
| Daar kan honderd mense in die saal gaan. | • | The hall can hold one hundred people. |
| Dit gaan om sy lewe. | • | His life is at stake. |
| Die vleis is te gaar. | • | The meat is overdone. |
| Die vleis is nie goed gaar nie. | • | The meat is underdone. |
| Die vleis is goed gaar. | • | The meat is well done. |
| Gaan jou gang. | • | Go ahead. |
| Hy gaan sy eie gang. | • | He goes his own way. |
| Hy het die masjien aan die gang gesit. | • | He started the engine. |
| Ek kon hulle nie aan die gang kry nie. | • | I could not get them going. |
| By die geboorte. | • | At birth. |
| Die kinders ly gebrek. | • | The children are in want; the children are starving. |
| Deur gebrek aan geld moes die werk gestaak word. | • | For lack (want) of money the work had to be stopped. |
| Hulle het aan niks gebrek nie. | • | They want for nothing (they have all they need). |
| Hou dit in gedagte. | • | Bear this in mind. |
| Wees my genadig. | • | Have mercy on me. |
| Hy was in gedagte versonke. | • | He was in a brown study. |
| Hy het sy gedagtes nie bymekaar nie. | • | He is absent-minded. |
| Waar kry jy dié gedagte? | • | Where did you get that idea? |
| Hy hink op twee gedagtes. | • | He is in two minds. |
| Hy het van gedagte verander. | • | He has changed his mind. |
| Ek het gedagtes met hom gewissel. | • | I exchanged views (ideas) with him. |
| Hy sal sy lewe vir haar gee. | • | He will lay down his life for her. |
| Hy gee die saak gewonne. | • | He gives up the matter. |
| Ek gee g'n mening nie. | • | I refused to express an opinion. |
| Geen van beide. | • | Neither of them. |
| Geen van hulle. | • | Not one of them. |
| Geen blou duit werd nie. | • | Not worth a farthing (a blue bean). |
| Hy is g'n vriend van my nie. | • | He is no friend of mine. |
| Die gees gee. | • | To breathe one's last. |
| Teenwoordigheid van gees. | • | Presence of mind. |
| Voor die gees roep (bring). | • | To call to mind. |
| Oor die geheel. | • | On the whole, as a whole. |
| In die geheel nie. | • | Not at all. |
| Hy het aan my versoek gehoor gegee. | • | He complied with my request. |
| Hy wou geen gehoor aan my waarskuwing gee nie. | • | He would not listen to my warning. |
| Jy maak my gek. | • | You drive me crazy. |
| Gek na. | • | Fond of. |
| Hy maak (verdien) geld soos bossies. | • | He coins money. |
| Vir die geleentheid. | • | For the occasion. |
| Veels geluk met. | • | Hearty congratulations on. |
| Hom gelukwens met sy sukses. | • | To congratulate him on his success. |
| Ek het hom met gelyke munt betaal. | • | I paid him back in his own coin. |
| Hy het my op my gemak laat voel. | • | He set me at ease. |
| Doen dit op jou gemak. | • | Do it at your leisure. |
| Gemene spel word nie vermoed nie. | • | Foul play is not suspected. |
| Dis 'n gemene streek. | • | That's a dirty trick. |
| Dit is gemeen. | • | It is shameful;it is a shame. |
| Iemand gemeen behandel. | • | To treat a person meanly. |
| Hy is geneig om te. | • | He is inclined to. |
| Hy het genoeg geëet. | • | He has eeten his fill. |
| Met genot (genoeë). | • | With pleasure. |
| Dit is 'n genot om. | • | It is a trcat (pleasure) to. |
| Tot genot van. | • | To the delight of. |
| Jy kan dit gerus doen. | • | You can safely do it (you might as well do it). |
| Kom gerus. | • | Do come! |
| Iemand geselskap hou. | • | Keep (bear) a person company. |
| In geselskap van. | • | In the company of. |
| In slegte geselshap geraak. | • | To fall (get) into bad company. |
| Jou gesig verloor. | • | To lose one's sight. |
| Die berge kom in die gesig. | • | The mountains come into view (sight). |
| Hy het my in die gesig geprys. | • | He praised me to my face. |
| Uit die gesig verloor. | • | To lose sight of. |
| Ek ken hom aan sy gesig. | • | I know him by his face. |
| Die opkomende geslag. | • | The rising generation. |
| Geskoolde arbeid. | • | Skilled labour. |
| Gesigte trek. | • | To pull (make) faces. |
| Fris en gesond. | • | Hale and hearty. |
| Hy bly gesond deur oefening. | • | He keeps fit by exercise. |
| 'n Vakansie sal jou gesond maak. | • | A holiday will cure you (restore your health). |
| Vir die gesondbeid. | • | For the sake of one's health. |
| Ek roep jou tot getuie. | • | I call you to witness. |
| Hy het teen my getuig. | • | He gave evidence (testified) against me. |
| Jy loop gevaar om gedood te word. | • | You run the risk of being killed. |
| Jy sal jou lewe in gevaar bring. | • | You will endanger (imperil) your life. |
| Op gevaar van sy lewe het hy die kind te hulp gesnel. | • | At the risk of his life he went to the aid of the child. |
| In geval van. | • | In case of. |
| In elk geval. | • | In any case. |
| In die ergste geval. | • | If the worst comes to the worst. |
| Dit geval my nie. | • | I don't like it. |
| Volgens my gevoelens (mening). | • | To my mind. |
| Ten gevolge van. | • | In consequence of. |
| Die gewone man. | • | The man in the street. |
| Uit gewoonte. | • | By habit. |
| So glad soos seep. | • | As slippery as an eel. |
| Glo my! | • | Believe you me! believe me! |
| Niks was vir haar goed nie. | • | Nothing could satisfy her (nothing pleased her). |
| Niks was vir haar te goed nie. | • | Nothing was good enough for her. |
| Die pak sit goed. | • | The suit fits well. |
| As ek dit goed verstaan het. | • | If I am not mistaken. |
| So goed soos dood. | • | All but dead (on his last legs). |
| Die seun is goed in tale. | • | The boy is good at languages. |
| Die spreker is goed ter tale. | • | The speaker is fluent. |
| Hy was so goed om mv te wys. | • | He was kind enough to show me. |
| Vrugte is goed vir my. | • | Fruit is good for me. |
| Hy is goed vir my. | • | He is good to me. |
| Ek sal die hond met 'n klip gooi. | • | I shall throw a stone at the dog. |
| Ek sou graag wou weet. | • | I should like to know. |
| Die grens êrens trek. | • | To draw the line somewhere. |
| Met die hand groet. | • | To shake hands. |
| Groet hom voordat jy loop. | • | Say goodbye to him before you go. |
| Op grond van. | • | On account of. |
| Sy het die kind tot in die grond bederwe. | • | She utterly spoiled the child. |
| Uit die grond van my hart. | • | From the bottom of my heart. |
| Hy lewe te groot. | • | He lives beyond his means. |
| Ek gun jou dit. | • | I do not begrudge it you. |
| Hy is in die onderwyser se guns. | • | He is in the teacher's good books. |
| Sy het my 'n guns gevra. | • | She begged a favour of me. |
| Ten gunste van. | • | In favour of. |