| Ek het daar niks mee te maak nie. | • | It's none of my business. |
| Die maan groei. | • | The moon waxes. |
| Die maan neem af. | • | The moon wanes. |
| Sy plaas gaan na die maan. | • | His farm is going to the dogs (to rack and ruin). |
| Dit was donkermaan. | • | It was a moonless night. |
| 'n Maanligaand. | • | A moonlight night. |
| Hy was maar te bly. | • | He was only too glad. |
| Watter maat skoen dra jy? | • | What size do you take in shoes? |
| By die groot maat. | • | Wholesale. |
| By die klein maat. | • | Retail. |
| Op die maat van die musiek. | • | To the beat of the music. |
| Sy maters is dood. | • | No one can hold a candle to him. |
| Wat makeer hy? | • | What is the matter (wrong) with him? |
| Daar makeer tien perde. | • | There are ten horses missing. |
| Dit was n geveg van man teen man. | • | It was a hand to hand battle. |
| Die skip het met man en muis gesink. | • | The ship sank with all on board. |
| Hy kan sy man staan. | • | He can hold his own. |
| Hy is mank in die een been. | • | He is lame of a leg (OR) he has a lame leg. |
| Hy loop mank. | • | He limps. |
| Maer vleis. | • | Lean meat. |
| 'n Maer persoon. | • | A thin (gaunt) person. |
| Hy het lelik deur die mat geval. | • | He made a bad mistake (blunder). |
| Dit is niks meer as reg nie. | • | It is only right. |
| Ons het met drie punte verloor. | • | We lost by three points. |
| Na my mening. | • | In my opinion. |
| Sy spel verbeter met die dag. | • | His play is improving day by day (by the day). |
| Hy het met 'n motor gereis. | • | He travelled by car. |
| In die middel van die wêreld wees. | • | To be at a loss. |
| Van minder belang. | • | Of minor importance. |
| Op sy minste. | • | At (the) least. |
| Op die oomblik. | • | At the moment. |
| Hy het nie die minste beswaar gemaak nie. | • | He did not object at all. |
| Ten minste. | • | At least. |
| Nie in die minste nie. | • | Not at all (OR) by no means. |
| Hy het dit mis. | • | He is making a mistake. |
| Hy het misbruik van my goedheid gemaak. | • | He took advantage of (abused) my kindness. |
| Hy het 'n misdaad begaan. | • | He committed a crime. |
| Sy gaan nie met die mode saam nie. | • | She does not follow the fashion. |
| Dis nie die moeite werd nie. | • | It is not worth while. |
| Dis die moeite werd om te gaan. | • | It's worth going. |
| Hy sal nie die moeite doen om 'n brief te skryf nie. | • | He will not go to the trouble of writing a letter. |
| Moeite doen met jou werk. | • | To take pains with your work. |
| Ek is jammer om dit te moet doen. | • | I am sorry to have to do it. |
| Hy het sy mond verbrand. | • | He put his foot into it. |
| Met die mond vol tande staan. | • | To be tongue-tied. |
| Hy is nie op sy mond geval nie. | • | He has a ready tongue. |
| Op 'n mooi manier. | • | Politely. |
| Moord en brand skree. | • | Raise the hue and cry (OR) cry blue murder. |
| Môre oor agt dae. | • | Tomorrow week. |