Katspin
| Miskien het jy vergeet, | - | |
| van die tye toe daar liefde was. | - | |
| Vergeet van die tye, | - | |
| toe jou asemstote gekatspin het, | - | |
| toe daar liefde was | - | |
| ware liefde in snikke, krete. | - | |
| Jy’s stil, so uitermate stil. | - | |
| Ek voel nie meer jou asem teen my ore, | - | |
| die uitgerekte vreugde sug, | - | |
| ’n sug van volmaakte bevrediging, | - | |
| is weg. Jy’s weg. Ek’s weg. | - | |
| Alles is sommer net, weg, weg, weg... | - | |
| In die weg, soek ek na ’n krieseltjie hoop | - | |
| ek sien, hoe jou kloutjies, loop en loop en loop... | - | |