Eiland
Dit is 'n eiland die
Hier is nie mense nie
Oom Jan sny koring in 'n ander land
Hier is net sand
Dit is 'n eiland die
Hier slaan nie blitse nie
Oom Jan belê sy sente in Switzerland
Koop 'n nuwe John Deere
Hy het sy plaas in die Vrystaat, met mielies en vee
Na 60 jaar se sweet vir sy seuns gegee
Sy vrou in Abu Dhabi soek 'n naaimasjien
Oom Jan vlieg oral rond hy wil die wêreld sien
Dit is 'n eiland die
En niks is veilig nie
Oom Jan kan glad nie slaap nie, Hy wil skape tel
maar dis 'n dorper hel
Hy hoor die taxi's wat teen middernag die straat regeer
Sirenes en partytjies: waar's hy nou alweer?
Hy hoor die doef-doef van 'n stroper wat die kaf sorteer
Hier moet hy uit, hy is te lank alleen
Dit is 'n eiland die
Dis nie sy mense nie
Oom Jan verlang na koffie en sy dorsmasjien
Hy wil die melkweg sien
Hy mis sy plaas in die Vrystaat, sy mielies en vee
Die tannie met 'n kappie en 'n koppie tee
Die wind wat in die môre deur die laning vee
Hy laat sy paspoort stempel
Dis die laaste keer.
Dit is 'n eiland die (4x)
SAMRO: Woorde: Sunieda; Musiek: Sunieda
It's an island this.
Here are no people
Uncle Jan reaps wheat in another land
Here is only sand
It's an island this
Here lightning does not strike
Uncle Jan invests his pennies in Switzerland
Buys a new John Deere
His farm in the Free State, with corn and cattle
After 60 years of sweat, he gave to his sons
His wife in Abu Dabi looks for a sewing machine
Uncle Jan flies all over, he wants to see the world
It's an island this.
And nothing is safe
Uncle Jan can't sleep, he wants to count sheep
But it’s a Dorset (sheep) hell
He hears the taxis that rule the streets at midnight
Sirens and parties: where is he again?
He hears the harvester doof-doof sound sorting chaff
He has to get out of here, he's been alone too long
It's an island this.
These are not his people
Uncle Jan misses coffee and his thresher
He wants to see the Milky Way
He misses his farm in the Free State, his corn and cattle
The auntie with a bonnet and a cup of tea
The wind sweeping down the lane in the morning
He lets them stamp his passport
This is the last time
It's an island this. 4x)