| Kaatjie van die baan. | • | Cock of the walk. |
| Hy het 'n baan opgeskop. | • | He kicked up a row. |
| Baasraak. | • | To get the upper hand. |
| Baat vind by. | • | To benefit by. |
| Ek sal die geleentheid te baat neem. | • | I shall avail myself of the opportunity. |
| Wat sal dit jou baat? | • | What will you gain by it? |
| Wat baat dit? | • | What's the good of it? |
| Baie geld beteken baie vriende. | • | Much money means many friends. |
| Die hande bak maak. | • | To cup the hands. |
| Hy het bakbene. | • | He is bow-legged (bandy legged). |
| Iemand 'n poets bak. | • | To play a trick on someone. |
| Bang vir. | • | Afraid of. |
| Deur die bank. | • | On an average;without exception. |
| Hy bars uit van die lag. | • | He bursts out laughing. |
| Buig of bars. | • | No matter what happens. |
| Hy laai die battery. | • | He is charging the battery. |
| Vir 'n aanbod bedank. | • | To reject an offer. |
| Vir 'n uitnodiging bedank. | • | To decline an invitation. |
| Vroeg op die been. | • | Up early. |
| Hy het sy been gebreek. | • | He has fractured a leg. |
| 'n Leër op die been bring. | • | To raise an army. |
| Hy is been-af op haar. | • | He is in love with her. |
| Jou bene dra. | • | To take to your heels. |
| Begaan wees oor. | • | To be worried about. |
| Jy kan daar niks mee begin nie. | • | It is useless. |
| Begryp my goed. | • | Don't misunderstand me. |
| Begryp jy wat ek bedoel? | • | Do you follow me? Do you understand what I mean? |
| Verkeerd begryp (misventaan). | • | To misunderstand. |
| Behalwe dit is daar 'n ander saak. | • | There is another matter besides this. |
| Bekend wees aan. | • | To be known (familiar) to. |
| Bekend wees met. | • | To be acquainted (familiar) with. |
| Dit is algemeen bekend. | • | It is common knowledge. |
| Sover my bekend. | • | To the best of my knowledge. |
| Hy het sy huwelik bekend gemaak. | • | He announced his wedding (marriage). |
| Laat my jou bekend stel. | • | Allow me to introduce you. |
| Dit is alles beklonke (kant en klaar). | • | It is all cut and dried. |
| Bemoei jou met jou eie sake. | • | Mind your own business. |
| Bemoei jou nie met my sake nie. | • | Don't meddle with (interfere in) my affairs. |
| 'n Benoude oomblik. | • | An anxious moment. |
| Ek het nie die vaagste benul nie. | • | I haven't the faintest idea (notion). |
| In beoefening bring. | • | To put into practice. |
| Buite (binne) bereik. | • | Out of (within) reach. |
| Hy is onderwyser van beroep. | • | He is a teacher by profession. |
| Hy is skoenmaker van beroep. | • | He is a shoemaker by trade. |
| 'n Beroep doen op. | • | To appeal to. |
| Sy bes. | • | His very best (his utmost). |
| Die beste van die twee. | • | The better of the two. |
| Dit staan nog te besien. | • | It remains to be seen. |
| Hy is altyd met iets besig. | • | He is always busy with (at) something. |
| Hy is besig met lees. | • | He is busy reading;occupied in (with) reading. |
| Ek was besig om my aan te trek. | • | I was (busy) dressing. |
| Besin eer jy begin. | • | Look before you leap. |
| Die mens wik, God beskik. | • | Man proposes, God disposes. |
| Slegs staanplek is ter beskikking van die publiek. | • | Only standing-room is available to the public. |
| Hy beskuldig my daarvan dat ek laat is. | • | He accuses me of being late. |
| 'n Perd beslaan. | • | To shoe a horse. |
| Die vergadering het 'n besluitgeneem. | • | The meeting passed a resolution. |
| Hy kon nie tot 'n besluit kom nie. | • | He could not decide (make up his mind). |
| Hy het by ons besoek afgelê. | • | He paid us a visit. |
| Ek sal jou tuis besorg. | • | I shall see you home. |
| Beskuitjies bestaan uit meel, suiker ens. | • | Biscuits consist of flour, sugar etc. |
| Vaderlandsliefde bestaan uit getroue diens aan die. vaderland. | • | Patriotism consists in serving one's country faithfully. |
| Daar bestaan nie so iets nie. | • | There is no such thing. |
| Dit is van geen betekenis nie. | • | It is of no importance. |
| Des te beter. | • | So much the better. |
| Teen sy beterwete (in). | • | Against his own better judgment. |
| Op heter daad betrap. | • | To catch red-handed;catch in the act. |
| Wat my betref. | • | As for me;for my part. |
| Wild betrek (bekruip). | • | To stalk game. |
| Met betrekking tot. | • | With regard to. |
| Net betyds. | • | In the nick of time. |
| Om die beurt. | • | In turn;by turns. |
| Wag jou beurt af. | • | Await your turn. |
| Hy is aan die beurt. | • | It is his turn. |
| Dit het my te beurt geval. | • | It fell to my lot (share). |
| Hy voer die bevel oor die troepe. | • | He is in command of the troops. |
| Op bevel van. | • | At the command of;by order of. |
| Uit eie beweging. | • | Of one's own accord. |
| Aan die bewind kom. | • | To come into office (power). |
| Bewus van. | • | Conscious of. |
| Bewys my 'n guns. | • | Do me a favour. |
| Ons bewys eer aan die afgestorwenes. | • | We pay tribute to the dead. |
| Die skip loop die hawe binne. | • | The ship puts into port. |
| Die trein Ioop die stasie binne. | • | The train pulls into the station. |
| Hy storm die kamer binne. | • | He bursts into the room. |
| Binnensmonds praat. | • | To mumble. |
| Blind vir sy gebreke. | • | Blind to his faults. |
| Hy is blind in die een oog. | • | He is blind of an eye. |
| Hy is blind in die regter (linker) oog. | • | He is blind in the right (left)eye. |
| 'n Blink gedagte. | • | A brain wave. |
| Dit sit in die bloed. | • | It runs in the blood. |
| In die bloei van die lewe. | • | In the prime of life. |
| Onder die blote hemel. | • | In the open. |
| Met die blote oog. | • | With the naked eye. |
| Elke blou Maandag. | • | Once in a blue moon. |
| Sy blus is uit. | • | He is finished (exhausted). |
| Die bodem inslaan. | • | To knock on the head. |
| Hy het baie op sy boeke. | • | He has much to account for. |
| Te boek stel. | • | To put on record. |
| Bolmakiesie slaan. | • | To turn a somersault (to go head over heels). |
| Die bome bot. | • | The trees are budding. |
| Die bestuurder het met 'n boete losgekom. | • | The driver got off (escaped) with a fine. |
| Bots met. | • | To collide (disagree) with. |
| Hy het botweg geweier. | • | He refused point-blank. |
| Ek het bra lus om jou te slaan. | • | I have a good mind to hit you. |
| Die veld het aan die brand geraak. | • | The veld caught fire. |
| Hy het die veld aan die brand gesteek. | • | He set the veld on fire; he set fire to the veld. |
| Daar broei iets onder die jongspan. | • | There is something afoot among the youngsters. |
| Dit sit nie in jou broek om my te klop nie. | • | You are not capable of beating me;you are no match for me. |
| Hy was buite homself van blydskap (woede). | • | He was beside himself with joy (anger). |
| Van buite ken (leer). | • | To know (learn) by heart. |
| By sy aankoms. | • | On his arrival. |
| By sy dood (geboorte). | • | At his death (birth). |
| Hy dink by homself. | • | He thinks to himself. |
| By duisende. | • | In thousands. |
| Hy het by die honderd beeste. | • | He has close upon a hundred head of cattle. |
| Dit val my by. | • | It occurs to me. |
| Ek kan dit nie bybring nie. | • | I cannot afford it. |
| Die leeu het in die stof gebyt. | • | The lion bit the dust. |
| Op jou tande byt. | • | To set (clench) one's teeth; make up one's mind inflexibly. |
| Ek kan nie byhou nie. | • | I cannot keep up with (keep abreast of) you. |
| Hy kom byna nooit nie. | • | He hardly ever comes. |