Sing vir my
| Sing vir my van die son. | - | |
| Van die lied wat deur my gaan. | - | |
| Van groot kraters op die maan. | - | |
| Die steppe roofvis, as jy kon. | - | |
| Sing vir my van plantvlotte | - | |
| waar paddas rustig slaap. | - | |
| Lui – lui kriekies hul vergaap | - | |
| aan fee – musiek op potte. | - | |
| Sing vir my van die koningsarend | - | |
| se tydlose geroep oor die Vaal. | - | |
| Gesoek; ’n bergmeerkat vir ’n maal | - | |
| met nostalgiese gesweef op die wind. | - | |
| Sing vir my, van jou angstige liefdesroep | - | |
| terwyl ek dans, meedoen, roep – roep. | - | |