| Wat 'n oes vent is hy tog! | • | What a miserable fellow he is! |
| Die oes inhaal. | • | To gather in the harvest. |
| 'n Dag of wat gelede. | • | Some days ago. |
| Dit was nie lank nie of ek was aan die slaap. | • | It was not long before I was (fell) asleep. |
| Al om die ander dag. | • | Every second day. |
| Om die beurt. | • | In turn (OR) alternately. |
| Dit is my om 't (die) ewe. | • | It is immaterial to me. |
| 'n Draai omgaan. | • | To turn a corner. |
| Gaan asseblief by die huis om. | • | Please call at the house. |
| Daar is 'n gerug in omloop dat .... | • | It is rumoured that.... |
| Plekke omruil. | • | To change places. |
| Omstreeks. | • | More or less (OR) about. |
| Myle in die omtrek. | • | For miles around. |
| Onder die omstandighede. | • | Under the circumstances. |
| Sonder trane. | • | In tears. |
| Hy woon onder die Italiane. | • | He lives among the Italians. |
| Soos die ongeluk dit wou hê. | • | As ill luck would have it. |
| Dit was my ongeluk dat. | • | It was my misfortune that. |
| In ongenade by iemand wees. | • | To be in someone's bad books. |
| Ons is dertig seuns. | • | There are thirty of us boys. |
| Woorde ontbreek my om. | • | Words fail me to. |
| Hy het my ontglip. | • | He gave me the slip. |
| Help my dit onthou. | • | Remind me of it. |
| Hy het onverwags op my afgekom. | • | He took me unawares. |
| Ek het geen oog toegemaak nie. | • | I did not sleep a wink. |
| Jy moet hom in die oog hou (die oog op hom hou). | • | You must keep an eye on him. |
| Die oë knip. | • | To blink (the eyes). |
| Onder vier oë sien. | • | To see (interview) privately. |
| Sand in die oë strooi. | • | To throw dust in the eyes of (OR) deceive. |
| Jy moet dit voor oë hou. | • | You must bear it in mind. |
| In die oog kry. | • | To catch sight of. |
| Met die blote oog. | • | With the naked eye. |
| Op die oog. | • | Outwardly (OR) apparently (OR) superficially. |
| Uit die oog verloor. | • | To lose sight of. |
| In die oog hê. | • | To have in mind. |
| Met die eerste oogopslag. | • | At (the) first glance. |
| Wat ook al gebeur. | • | Whatever happens. |
| Die toekoms staan vir jou oop. | • | The future is yours. |
| Die ore laat hang. | • | To be downhearted. |
| Die ore sluit vir. | • | To be deaf to. |
| My ore tuit. | • | My ears tingle (OR) burn. |
| Een en al ore wees. | • | To be all ears. |
| Hy het tot agter die ore rooi geword. | • | He blushed to the roots of his hair. |
| Hy is tot oor die ore verlief. | • | He is over head and ears in love. |
| Tot oor die ore in die werk wees. | • | Up to the eyes in work. |
| 'n Ope oor hê vir. | • | To give a ready ear to. |
| Oor vyf minute. | • | In five minutes. |
| Oor 'n maand. | • | A month hence. |
| Hierdie kleure kom nie ooreen nie. | • | These colours don't match. |
| In ander hande oorgaan. | • | To change hands. |
| n Geweer oorhaal. | • | To cock a gun. |
| Ek sal hom oorhaal om saam te gaan. | • | I shall persuade him to come along. |
| Hy het die oorhand gekry. | • | He gained the upper hand. |
| Ek sal met hom oorleg pleeg. | • | I shall consult him. |
| Jy is die oorsaak dat ek gedruip het. | • | You are the cause of my failing. |
| Ek is deur die slaap oorval. | • | I was overcome by sleep. |
| Almal op een na. | • | All but one. |
| Dit het nooit by my opgekom nie. | • | It never struck me (OR) it did not occur to me. |
| 'n Skok opdoen. | • | To receive a shock. |
| Ons kan nie teen die wind opkom nie. | • | We could make no headway against the wind. |
| Kom jy vir hom op? | • | Do you take his part? |
| Hy het dit goed opgeneem. | • | He took it in good part. |
| Hy het dit verkeerd opgeneem. | • | He took it amiss (OR) misunderstood it. |
| Hy het sy kraag opgeslaan. | • | He turned up his collar. |
| Ons het die tent opgeslaan. | • | We pitched the tent. |
| Die koring slaan al op. | • | The wheat is coming up. |
| Slaan jou oë op na die berge. | • | Lift up your eyes to the hills. |
| Hy is deur 'n opslagkoeël getref. | • | He was hit by a ricochet bullet. |
| 'n Boek opsom. | • | To summarise a book. |
| 'n Debat opsom. | • | To sum up a debate. |
| 'n Persoon opsom. | • | To size up a person. |
| Die weer steek op. | • | It is working up for rain. |
| Hy het my opgesteek om dit te doen. | • | He put me up (instigated me) to do this. |
| Hy het as spreker opgetree. | • | He addressed the meeting. |
| Jy moet nou optree. | • | You must now take action. |
| Sy trek haar neus vir hom op. | • | She turns up her nose at him. |
| Ons het teen die vyand opgetrek. | • | We marched against the enemy. |
| Die trein is ontspoor. | • | The train was derailed. |
| Hy het sy skouers opgetrek. | • | He shrugged his shoulders. |
| Hy het soos 'n os neergeslaan. | • | He fell like a log. |
| Van die os op die jas (esel). | • | By the way (to change to a nonrelated topic). |
| Van die os op die esel spring. | • | To talk disconnectedly. |
| Ou brood. | • | Stale bread. |
| Dis sewe-uur op my horlosie. | • | It's seven o'clock by my watch. |