| Hy het daar kaal van afgekom. | • | He came off second best. (or) He was fleeced. |
| Ek het hom kaalkop die waarheid gesê. | • | I went for him bald-headed (OR) I told him some home truths. |
| So oud soos die Kaapse wapad. | • | Old as the hills. |
| Hy is 'n kaartman. | • | He is a jack-in-the-box. |
| Bly kalm. | • | Keep cool. (OR) Keep your temper. |
| Hy het probeer so al wat hy kan. | • | He tried for all he was worth. |
| So kan dit nie langer nie. | • | This can't go on. |
| Hoe kan jy so iets doen? | • | How can you do such a thing? |
| Hy kan daar nie voor nie. | • | He cannot help it. |
| So kon hy ure lank sit en peins. | • | He would sit pondering like that for hours. |
| Ek is bly om te kan sê. | • | I am glad to be able to say. |
| Ek sal die kans waarneem. | • | I shall make use of the opportunity. |
| Dit is nou jou kans (beurt). | • | It is now your turn. |
| Jy het nou 'n goeie kans (geleentheid). | • | You now have a good opportunity. |
| Jy het g'n kans om te ontvlug nie. | • | You have no hope (prospect) of escaping. |
| Daar was geen kans vir vlug nie. | • | There was no chance of flight. |
| Ek sien nie kans om dit te doen nie. | • | I do not see my way clear to do that. |
| 'n Kamer aan kant maak. | • | To tidy a room. |
| Die os is aan die klein kant. | • | The ox is on the small side. |
| Die jagter het die leeu van kant gemaak. | • | The hunter killed the lion. |
| Almal is nou kant en klaar. | • | AJí are now quite ready. |
| Alles is nou kant en klaar. | • | Everything is quite ready. |
| Na (van) alle kante. | • | In (from) all directions. |
| Elke saak het twee kante. | • | There are two sides to a question. |
| As die kat weg is, is die muis baas. | • | When the cat's away, the mice will play. |
| Hulle lewe soos kat en hond. | • | They live a cat-and-dog life. |
| 'n Kat in die sak koop. | • | To buy a pig in a poke. |
| Hy knyp die kat in die donker. | • | He does things on the sly. |
| Ken julle mekaar? | • | Have you met? |
| Hy het met die gereg kennis gemaak. | • | He ran foul of the law. |
| Hy kan by my nie kers vashou nie. | • | He is no match for me. |
| Daar is geen ander keuse nie. | • | There is no alternative. |
| Hy het uit vrye keuse bedank. | • | He resigned of his own free will. |
| Jy moet jou woorde kies. | • | You must pick your words. |
| Hy is kieskeurig. | • | He is particular. |
| 'n Kind by sy naam noem. | • | To call a spade a spade. |
| Hy het g'n kind of kraai nie. | • | He has neither kith nor kin. |
| Dis klaar met kees. | • | He is done for (OR) that's the end of him. |
| Ek is klaar. | • | I am ready. |
| Ek is klaar met die werk. | • | I have finished the work. |
| So klaar as die dag. | • | As clear as daylight. |
| Dit is klare onsin. | • | That is sheer nonsense. |
| Hy is al van kleins af sieklik. | • | He has been sickly since childhood (an early age). |
| Die klere maak die man. | • | Fine feathers make fine birds. |
| Klim in die bed. | • | Get into bed. |
| Daar word geklop aan die deur. | • | There is a knock at the door. |
| Hy is knap met sy hande. | • | He is clever with his hands. |
| Hy is 'n knap dokter. | • | He is a smart doctor. |
| Ons was knap daar toe dit gebeur. | • | We were hardly there when it happened. |
| Hy is knaphandig. | • | He is dexterous. |
| Daar lê die knoop. | • | There lies the rub. |
| Van woede het hy in knoop gegee. | • | He swore with rage. |
| Maak die knoop los. | • | Undo the knot (button). |
| Hy het 'n knop in sy keël gekry. | • | He had a lump in his throat. |
| Die knoppe aan die boom is deur ryp beskadig. | • | The buds on the trees were damaged by frost. |
| Moenie ou koeie liit die sloot grawe nie. | • | Let bygones be bygones. |
| Oor koeitjies en kalfies praat. | • | To indulge in small talk. |
| Hy het alles vir soetkoek opgeëet. | • | He swallowed (believed) everything. |
| Koel klere. | • | Light clothes. |
| Jy moet 'n nuwe koers inslaan. | • | You must strike out in a new direction. |
| Hou koers. | • | Keep straight (be steady). |
| Die hoop koester. | • | To cherish the hope. |
| Ek het hom laat kom. | • | I sent for him. |
| Hy het die dokter laat kom. | • | He called in the doctor. |
| Hulle sal dit agterkom. | • | They will find it out. |
| Toe ek my kom kry. | • | When I came to my senses. |
| Waar kom jy aan die geld? | • | How did you come by the money? |
| Dit kom goed te pas. | • | It comes in handy. |
| Hoe het dit gekom. | • | How did it come about? |
| Dit kom te duur uit. | • | It is too expensive (OR) it works out too dear. |
| Komplimente tuis. | • | Remember me to all at home. |
| Iemand 'n kompliment maak. | • | To pay someone a compliment. |
| Hy is al gekonfyt in die werk. | • | He is already an expert at the iob. |
| Hy het sy kop in 'n bynes gesteek. | • | He brought a hornets' nest about his ears. |
| Ek kon daar geen kop of stert aan kry nie. | • | I could not make head or tail of it. |
| Sy kop is op hol. | • | His head is turned. |
| Ek het sy kop gewas. | • | I gave him a bit of my mind. |
| Die perd het kop tussen die bene gesteek. | • | The horse bucked. |
| Die kop intrek. | • | To draw in one's horns. |
| Hy steek kop en skouers bo almal uit. | • | He is head and shoulders above all the others. |
| Hy is kop in een mus met die dief. | • | He is hand in glove with the thief. |
| Die dief sal nog sy kop in die strop steek. | • | The thief will run his head into the noose yet. |
| Hy het sy kop laat hang. | • | He has lost courage. |
| Ek sal hom 'n gat in die kop praat. | • | I'll talk him round. |
| Kop voor die bors. | • | Ashamed. |
| Ek gaan nie op my kop laat sit nie. | • | I am not going to take things lying down. |
| Hy het die spyker op die kop geslaan. | • | He hit the nail on the head. |
| Uit die kop ken (leer). | • | To know (learn) by heart. |
| Hy het my dit voor die kop gegooi. | • | He cast it into my teeth. |
| Op die kop sesuur. | • | Exactly six o'dock. |
| Hy wil sy eie kop volg. | • | He wants to have his own way. |
| Moenie kop uittrek nie. | • | Don't back out. |
| Dit het my laat kop krap. | • | It made me think. |
| Kop en punt. | • | Head to foot. |
| Hy is koppig. | • | He is stubborn. |
| As dit gebeur laat ek my kop afkap. | • | If that happens, I'll eat my hat. |
| Ek sal die gerug (indruk) die kop inslaan. | • | I'll knock the rumour on the head. |
| Hy het 'n goeie kop. | • | He has a good head on his shoulders. |
| Van kop tot tone. | • | From head to foot. |
| Kort en bondig. | • | Short and to the point. |
| Kort en dik. | • | Thickset. |
| Kort en klein slaan. | • | To smash to smithereens. |
| Kort van draad. | • | Quick-tempered. |
| Kort gelede. | • | A short time ago. |
| Kort na mekaar. | • | Within a short time (OR) soon after each other. |
| Iemand te kort doen. | • | To wrong someone. |
| Te kort skiet. | • | To fall short (of the mark). |
| Kos en inwoning. | • | Board and lodging. |
| Sy kos verdien. | • | To earn (make) a living. |
| Dit kos tyd. | • | It takes time. |
| Hoeveel kos dit? | • | What is the price of this? |
| Sy woorde was nog nie koud nie. | • | He had hardly uttered the words when. |
| So maer soos 'n kraai. | • | As thin as a rake. |
| In die krag van sy lewe. | • | In the prime of life (OR) in his prime. |
| Met alle krag. | • | With might and main. |
| Die wet sal aanstaande jaar van krag word. | • | The law will come into force next year. |
| In 'n kring gaan staan. | • | To form a circle. |
| Hy het donker kringe onder die oë. | • | He has dark rings under the eyes. |
| Die lyne kruis hier. | • | The lines intersect here. |
| Ek sal hom kry. | • | 1'll pay him out. |
| Verkoue kry. | • | To catch a cold. |
| Ek kon hom nie te sien kry nie. | • | I could not get hold of him. |
| Hy bedoel geen kwaad nie. | • | He means no harm. |
| Kwaad stig. | • | To cause mischief. |
| Van kwaad tot erger. | • | From bad to worse. |
| Kwaad met goed vergeld. | • | To return good for evil. |
| Hy is 'n kwaai ou man. | • | He is a bad-tempered old man. |
| Ek neem jou nie kwalik nie. | • | I don't blame you. |
| Kwalik in staat om. | • | Hardly able to. |
| 'n Kwessie van tyd. | • | A matter of time. |
| Buite die kwessie. | • | Out of the question. |