| Gee pad vir hom. | • | Get out of his way. |
| Op die verkeerde pad bring (lei). | • | To lead astray. |
| Op die regte pad hou. | • | To keep straight. |
| In die pad steek. | • | To dismiss (OR) send packing. |
| Hy is 'n opgeblaasde padda. | • | He is a conceited fool. |
| Hy het sak en pak verdwyn. | • | He disappeared bag and baggage. |
| Hy is 'n pap kêrel. | • | He is a weakling. |
| Sit dit op papier. | • | Put it in writing. |
| Hy kies party vir jou teen my. | • | He sides with you against me. |
| Dit pas in sy kraam. | • | It suits his purpose. |
| Die pak pas my. | • | The suit fits me. |
| Dit pas jou nie om met hulle om te gaan nie. | • | It doesn't become you to associate with them. |
| Daardie hoed pas nie by jou klere nie. | • | That hat does not match (with) your clothes. |
| Hulle pas nie by mekaar nie. | • | They do not suit each other. |
| Die skoen pas jou, daarom word jy kwaad. | • | The cap fits, that's why you get angry. |
| Ons is van plan om 'n jaarblad uit te gee. | • | We intend publishing an annual. |
| Pas op vir die trein. | • | Look out for the train. |
| Die leeu pyl op my af. | • | The lion makes straight for me. |
| Jy kan nie op hom peil trek nie. | • | You can't rely on him. |
| Ons peil die diepte. | • | We sound (plumb) the depth. |
| Klein van persoon. | • | Of small figure (size) (OR) small in stature. |
| Moenie met die masjien peuter nie. | • | Don't tamper with the engine. |
| Iemand om jou pinkie draai. | • | To twist someone round your (little) finger. |
| 'n Plan uitdink. | • | To devise a plan. |
| Met die plan om. | • | With the intention of. |
| Glad nie 'n slegte plan nie. | • | Not a bad idea. |
| Ek was platsak. | • | I was penniless. |
| Iemand op sy plek sit. | • | To put someone in his place. |
| Neem plek (plaas) op 'n stoel. | • | Sit down. (OR) Have a chair. |
| Doen my die plesier. | • | Do me the favour. |
| Ons het dit vir die plesier gedoen. | • | We did it for fun. |
| 'n Pond botter. | • | A pound of butter. |
| Toe het die poppe gedans. | • | Then the fat was in the fire. |
| Oor die pos. | • | By post. |
| Hy is nie by sy positiewe nie. | • | He's not in his senses (OR) not in his right mind. |
| Hy het sy positiewe verloor. | • | He lost his head. |
| Die pot verwyt die ketel. | • | The pot calls the kettle black. |
| Hy moet nou sy eie potjie krap. | • | He must now stand on his own legs. |
| Dis sommer praatjies. | • | It's idle talk. |
| lemand op die proef stel. | • | To put someone to the test. |
| Hy stel my geduld op die proef. | • | He taxes my patience. |
| Hy kon die proef nie deurstaan. | • | He could not stand the test. |
| Kort proses maak met. | • | Make short work of. |
| Op prys stel. | • | To appreciate (OR) value highly. |
| Publiek verkoop. | • | To sell by public auction. |
| Op die punt van my tong. | • | On the up of my tongue. |
| Hy het die saak punt vir punt behandel. | • | He dealt with the matter point by point. |
| Die besprekinge het 'n dooie punt bereik. | • | Discussions have reached a dead-lock. |
| Soos 'n pyl uit die boog. | • | As swift as an arrow. |