Rympies in Afrikaans
(Weet u van nog? Help asb. Klik op Feedback heel onder en stuur gerus aan asb. ...en ek werk dit dadelik by.)
Duimpie
| Duimpie Duimpie se maat Langeraat Fiela Vlooi piepie in die kooi |
Duimpie het in die water geval
| Duimpie het in die water geval Duimpie se maat het hom uitgehaal Langeraat het hom huistoe gedra Ringman het hom in die bed gesit En Pinkie het vir pappa gaan sê! |
Hompie Kedompie
| Hompie Kedompie sit op die wal Hompie Kedompie het afgeval Die koning se soldate Probeer al wat hulle kan Maar Hompie Kedompie bly plat soos 'n pan. |
Swart Skaap
| Swart skaap, swart skaap Het jy baie wol? Ja baas, ja baas Drie sakke vol Een vir die boer, en een vir sy vrou, en een vir die seuntjie wat so baie van my hou. |
Apie op 'n Stokkie
| Daar's 'n apie op 'n stokkie voor my ma se agterdeur, daar's 'n gaatjie in sy broekie en sy stertjie loer daardeur. |
Eendjies eendjies staan in 'n ry
| Eendjies eendjies staan in 'n ry 1-2-3-4 stap hul verby links regs links regs kyk hoe mak reguit dam toe, kwaak kwaak kwaak. |
Wippie en Snippie
| Wippie en snippie loer uit ‘n gaaitjie, Wip is ‘n muisie en snip is sy maatjie. Wippie en snippie daar kom die groot kat, Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat. |
Raaiselrympie
| So groen soos gras, So wit soos was, So rooi soos bloed So suikersoet! Wat is ek: 'n Waatlemoen! |
Tien Klein Paddatjies
| Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring, Bring julle boekies en laat ons sing. Maak julle bekkies wawyd oop En sing vir my so soet soos stroop. Kwak-kwak-kwak, Kwek-kwek-kwek, Tien klein paddatjies maak my gek. |
Skoon Hande
| Hier is nou iets wat ek moet leer: my hande was ek elke keer net voor ek eet; dit is gesond so bly die kieme uit my mond (Elizabeth Snyman) |
Wielie-Walie
| Wielie-wielie-walie, die aap sit op die balie Tjoef-tjaf val jy af. Wielie-wielie-walie. |
Muskiet-jag
| Jou vabond, wag ek sal jou kry van jou sal net 'n bloedkol bly hier op my kamermure. Deur jou vervlakste gonsery, deur jou gebyt en plaery kon ek nie slaap vir ure. Mag ek my voorstel, eer ons skei, eer jy die doodslag van my kry - my naam is Van der Merwe. Muskiet, wees maar nie treurig nie, wees ook nie so kieskeurig nie, jy moet tog eendag sterwe. Verwekker van malaria, sing maar jou laaste aria - nog een minuut van grasie. Al soebat jy nou nog so lang, al sê jy ook, ek is nie bang, nooit sien jy weer jou nasie. Hoe sedig sit hy, o, die ding! Sy kinders kan maar kranse bring, nou gaan die vabond sterwe. Pardoef ! Dis mis ! Daar gaan hy weer ! Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer - my naam is Van der Merwe ! |
Jan Pampoen
| Jan Pampoen sit op sy skoen, was sy gesig met suurlemoen. |
Die Luiaard se Almanak
| Elke Maandag maak ek klaar om Dinsdag te verjaar. Woensdag is ek siek, Donderdag werk ek niet. Vrydag is dit Slamse kerk, en Saterdag sal ons naweek vier want Sondag is weer kerk! |
Oggend gebed
| Dankie heer al is ek klein, Vir my skool en vir my brein, Maak my nuttig, goed en sterk, Vader om vir U te werk. Amen |
Aandgebed
| Op my stoeltjie sit ek nou, Met my handjies saamgevou. Liewe Jesus ek wil u dank, Vir my kossies en my drank. Amen |
Tafelgebed
| Dankie vir die kos wat ons kan eet En laat ons U goedheid nooit vergeet. Dankie vir die voëls wat ek kan hoor sing, Dankie Heer vir elke ding. Amen |
Stoute Wouter....
| Stoute Wouter, klein kabouter! Oor die meubels, klim en klouter Tanya Mudway, UK |
Wollewensie....
| Wollewensie, vette pensie het kondensmelk in sy spensie! Tanya Mudway, UK |
Klein Tintinkie
| Klein tinktinkie, groot rinkinkie! Draai vir Mamma om sy pinkie Tanya Mudway, UK |
Spekkeworsie
| Spekkeworsie, sawwedonsie Badjies-badtyd met my sponsie! Tanya Mudway, UK |