| Hulle lewe van ganste en gawe. | • | They live on charity. |
| Haal die seile in. | • | Haul in the sails. |
| Haal die vlag in. | • | Strike the flag. |
| Hy sal môre nie haal nie. | • | He will not last the night. |
| Daar sal g'n haan na kraai nie. | • | No one will be any the wiser. |
| Sy haan moet altyd koning kraai. | • | He is cock of the walk. |
| Dit het maar 'n haar geskeel. | • | It was touch and go. |
| Daar is geen bang haar op sy kop nie. | • | He is afraid of nothing. |
| Op 'n haar na. | • | Within an ace of. |
| Hot en haar. | • | Right and left (from pillar to post). |
| Hy is op my hand. | • | He is on my side. |
| Ek kan sy hand nie hou nie. | • | I am no match for him. |
| Hand en tand veg. | • | To fight tooth and nail. |
| Van die hand in die tand lewe. | • | To live from hand to mouth. |
| Die polisie het die dief in die hande. | • | The police have caught the thief. |
| Met die hand groet. | • | To shake hands. |
| Die motor het telkens in ander hande oorgegaan. | • | The car has changed hands repeatedly. |
| Die bande uit die mou steek. | • | To put one's shoulder to the wheel. |
| Ek het met die hande in die hare gesit. | • | I was at my wit's end; I was at a loss. |
| Die vakansie is op hande. | • | The holiday is near (at hand). |
| Van die hand sit. | • | To dispose of. |
| Dit hang van jou af. | • | It depends on (upon) you. |
| Die boek handel oor die oorlog. | • | The book deals with the war. |
| Sy kop is op hol. | • | His head is turned. |
| Moenie op hol raak nie. | • | Don't lose your head. |
| Ek sal die vabond onder hande neem. | • | I'll take the rogue to task. |
| Hy het die aanbod van die hand gewys. | • | He declined the offer. |
| Hy het sy kop (ore) in skaamte laat hang. | • | He hung his head in shame. |
| Die moordenaar is gehang. | • | The murderer was hanged. |
| Harde woorde. | • | Harsh words. |
| Harde reën. | • | Heavy rain. |
| Hare op jou tande hê. | • | To have grit (backbone). |
| Sy hare het orent gestaan. | • | His hair stood on end. |
| Hulle sit mekaar in die hare. | • | They are at loggerheads. |
| Hulle het mekaar in die hare gevlieg. | • | They came to blows; they quarrelled. |
| Sy hare het gerys. | • | His hair stood on end. |
| Sy hart sak in sy skoene. | • | His courage fails him. |
| Hy dra sy hart op sy tong. | • | He wears his heart on his sleeve. |
| Hy is hart en siel daarvoor. | • | He is wholeheartedly in favour of it. |
| Hy sê wat in sy hart is. | • | He speaks his mind freely. |
| Ek het iets op die hart. | • | I have something on my mind. |
| Hy het my woorde ter harte geneem. | • | He took my words to heart. |
| Die heen- en terugreis. | • | The forward and return journey. |
| Ek wil hê dat jy vroeg opstaan. | • | I want you to rise early. |
| Hy het gelyk. | • | He is right. |
| Hoe het ek dit nou met jou? | • | I cannot make you out. |
| Ek het dit heeltemal (skoon) vergeet. | • | I clean (completely) forgot it. |
| Ek het daar niks op teë nie. | • | I have no objections to it. |
| Heeltemal tot bo. | • | Right to the very top. |
| Heeltemal alleen. | • | All alone. |
| Heelwat meer. | • | A good deal more. |
| Heen en weer. | • | To and fro. |
| Hy heet na sy pa. | • | He is called after his father. |
| Hy het heimwee na sy land. | • | He is homesick for his country. |
| Dit is helder dag. | • | It is broad daylight. |
| Helder oor dag. | • | In broad daylight. |
| Helder wakker. | • | Wide awake. |
| Ek geniet dit om jou te help. | • | I enjoy helping you. |
| Ek kan nie help om van hom te hou nie. | • | I cannot help liking him. |
| Help my onthou. | • | Remind me. |
| Uit die hemel val. | • | To drop from the blue. |
| Die perd het op hol gegaan. | • | The horse bolted. |
| So moeg soos 'n hond. | • | Dog-tired. |
| 'n Heildronk instel. | • | To propose a toast. |
| Hier is baie nuwe seuns. | • | There are many new boys here. |
| Hoe gouer hoe beter. | • | The sooner the better. |
| Ek onthou hoe dit was. | • | I remember what it was like. |
| Wees op jou hoede. | • | Be on your guard. |
| As jy 'n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok. | • | Give a dog a bad name and hang him. |
| Hy lyk soos 'n hond wat vet gesteel het. | • | He has a hangdog look. |
| Ek het hond se gedagtes gekry. | • | I became suspicious. |
| Met die honde blaf en met die wolwe huil. | • | To run with the hare and hunt with the hounds. |
| Moenie slapende honde wakker maak nie. | • | Let sleeping dogs lie. |
| Jou honger stil. | • | To appease your hunger. |
| Hy kan geen moeilikheid die hoof bied nie. | • | He cannot face trouble. |
| Hy sien niks oor die hoof nie. | • | He overlooks nothing. |
| Uit die hoof leer. | • | To learn by heart. |
| Uit die hoof speel. | • | To play by ear;play from memory. |
| Hoog in sy skik. | • | Highly pleased;delighted. |
| Dit is hoog nodig. | • | It is very necessary. |
| Hy slaan 'n hoë toon aan. | • | He has a high and mighty way about him. |
| Dit is hoog tyd. | • | It is high time. |
| Hy is op die hoogte omtrent die saak. | • | He is well informed about the matter. |
| Op die hoogte (ter hoogte) van Kaappunt. | • | Off Cape Point. |
| 'n Hoop mis. | • | A heap of manure. |
| Hy hoor moeilik (is hardhorend). | • | He is hard of hearing. |
| Hy hoor die klok lui. | • | He hears the bell ring (ringing). |
| Ek wil niks van jou hoor nie. | • | Be quiet;not a word! |
| Hulle het die kamer op horings geneem. | • | They tumed the room topsy-turvy. |
| Ek kan dit nie langer hou nie. | • | I cannot bear (stand) it any longer. |
| Hy hou hom siek. | • | He pretends to be ill. |
| Hou jou in. | • | Control yourself. |
| Met hom is daar nie huis te hou nie. | • | He is impossible; no ono can get on with him. |
| Ek sou daarvan hou om te gaan. | • | I should like togo. |
| 'n Huis te huur. | • | A house to let. |
| 'n Huis te koop. | • | A house for sale. |
| Elke huis het sy kruis. | • | There is a skeleton in every cupboard. |
| Huis toe verlang. | • | To long for home. |
| 'n Huis huur. | • | To rent a house. |
| 'n Huis verhuur. | • | To let a house. |
| Na ssem hyg. | • | To gasp for breath. |
| Die vlag hys. | • | To hoist the flag. |