| Hy was laas nog tuis. | • | The last time I heard of him, he was still at home. |
| In die laaste tyd is ek baie besig. | • | I am very busy nowadays. |
| In die laaste jare. | • | In recent years. |
| Dit laat my dink aan jare der jare gelede. | • | It reminds me of many vears ago. |
| Jy's laat as jy so dink. | • | You're mistaken if you think so. |
| Jy moet hom laat werk want hy is lui. | • | You must make him work, for he is lazy. |
| Laat hom met rus. | • | Leave him in peace (alone). |
| Laat dit maar daarby. | • | Leave it at that. |
| Ek laat dit my nie vertel nie. | • | I don't believe it. |
| Hy het 'n pak klere laat maak. | • | He has had a suit made. |
| My pa sal vir hom 'n huis laat bou. | • | My father will have a house build. |
| Hy het sy mangels laat uithaal. | • | He had his tonsils removed. |
| Laat my staan. | • | Leave me alone. |
| Hy het die dokter laat haal. | • | He sent for the doctor. |
| Hy het die drank laat staan. | • | He gave up drink. |
| Ek kon my lag nie hou nie. | • | I could not help laughing. |
| Hy het hom slap gelag. | • | He split his sides with laughter. |
| Ek het groot lag vir hom gekry. | • | He amused me immensely. |
| Dit is 'n landsaak. | • | It is a matter of national importance. |
| Sy gesels land en sand aanmekaar. | • | She talks incessantly. |
| Te land en te water. | • | Bv land and sea. |
| Hy het op sy kop te lande gekom. | • | He landed on his head. |
| Hoe langer hoe beter. | • | The longer, the better. |
| Hoe langer hoe vinniger. | • | Faster and faster. |
| Hy is al lank siek. | • | He has been ill for a long time. |
| Hy's lank in die land. | • | He knows the ropes. |
| Jy moes dit lankal gedoen het. | • | You should have done it (a) long (time) ago. |
| Ek het hom lank laas gesien. | • | I haven't seen him for a long time. |
| Hy is net 'n las. | • | He's just a nuisance. |
| Dis 'n lastige kind. | • | It's a troublesome child. |
| 'n Laspos. | • | A nuisance. |
| Die wind het gaan lê. | • | The wind has dropped (gone down). |
| Moenie uit die venster lê nie. | • | Don't lean out of the window. |
| Die bed lê lekker. | • | The bed is comfortable. |
| Daar lê die ding. | • | That's just it. |
| Hulle kan goed leef. | • | They are quite well off. |
| Hy is 'n leegloper. | • | He is a loafer. |
| Die tyd sal leer. | • | Time will tell (show). |
| Ek het hom goed leer ken. | • | I got to know him well. |
| Hy leer vir dokter. | • | He's studying medicine. |
| 'n Lekker lewe lei. | • | To lead an easy life. |
| Ons moes lelik soebat. | • | We had to plead for all we were worth. |
| Hy het my laat les opsê. | • | He took me to task. |
| Ek moes vandag les opsê. | • | I had a hard time today. |
| Let op my woorde! | • | Mark my words! |
| 'n Stryd op lewe en dood. | • | A life and death struggle. |
| Jou lewe laat. | • | To lay down your life. |
| In die lewe roep. | • | To bring into being. |
| Hy byt sy naels tot in die lewe. | • | He bites his nails to the quick. |
| Ek moet liewer gaan. | • | I had better go. |
| Ek wil liewer gaan. | • | I had rather go (I would rather go). |
| Toe gaan daar 'n lig vir my op. | • | Then it dawned on me. |
| Hy het die saak lig opgeneem. | • | He made light of the matter. |
| 'n Mens vergeet dit lig. | • | We are inclined to forget it. |
| Hy het sy hart op die lippe. | • | He wears his heart on his sleeve. |
| Hy praat met lof van haar. | • | He speaks highly of her. |
| Dit strek hom tot lof. | • | It does him credit. |
| Die perde het op loop (hol) gegaan (gesit). | • | The horses bolted. |
| Jy loop gevaar om gedood te word. | • | You run the risk of being killed. |
| Hy het die loop geneem. | • | He beat a retreat (OR) he ran away. |
| Gevoelens loop hoog. | • | Feeling is running high. |
| Hy het teen my vasgeloop. | • | He bumped into me. |
| As hy nie oppas nie, sal hy hom vasloop. | • | If he is not careful, he'll get into trouble. |
| Die jaar loop ten einde. | • | The year is drawing to a close. |
| Los werkies. | • | Odd jobs. |
| Laat los! | • | Let go! |
| 'n Los gerug. | • | A wild rumour. |
| Ek het lus om dit te doen. | • | I feel inclined to do it (OR) I have a mind to do it. |
| Hou jou lyf reg. | • | Prepare yourself for. |
| Dit lyk na reën. | • | It looks like rain. |
| Dit lyk vir my. | • | It seems to me. |