| 1. Waarvoor word beesvelle gebruik? | Om die bees binne te hou. |
| 2. Wat is outobiografie? | Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar. |
| 3. Noem 5 dinge wat melk bevat? | Kaas, botter en drie koeie. |
| 4. Wat is die verlede tyd van eet? | Honger. |
| 5. Wat is die verkleinwoord van Oupa? | Kleinseun. |
| 6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef? | kleinteef |
| 7. Wat is die doel van die kies- en oogtande? | Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen. |
| 8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas... | Hoe groter haaspastei. |
| 9. Wat is die meervoud van kabeljou? | Kabeljulle. |
| 10. 'n Sin met "ter aarde bestel..." | "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?" |
| 11. Formule vir 'n sirkel se omtrek: | "Paai straal kordaat" |
| 12. Wat is teenoorstaande hoeke? | Hoeke wat vir mekaar kyk. |
| 13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf? | Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het. |
| 14. Wat is 'n terminale siekte? | As jy op die lughawe siek word! |
| 15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" | HuH? |
| 16. Wat noem ons iemand wat velle looi? | Onderwyser. |
| 17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel? | Pepermenttande. |