If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

How do you describe when the following people die?

Reisigers en toeriste•gaan heen.
Jagters•gaan koue bokkeveld toe.
Die melkman en die posman•kom om.
Die sjef en die kok•steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker•se tyd het aangebreek.
Die bergklimmer•ontval ons.
Die tuinier•is van die gras af gemaak.
Die melkboer•het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer•beland onder die kluite.
Die boemelaar•is ontslape.
Die bankier•het die tydelike met die ewige verwissel.
Die taxibestuurder•is direk hemel toe.
Die skeidsregter•het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter•se hart het gaan staan.
Die elektrisiën•se liggie is gedoof.
Die skoolhoof•het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker•se draad is geknip.
Die atleet•kom tot rus.
... en my skoonmoeder•- die duiwel het haar kom haal.