Droom Ons
Op ‘n afgeleë eiland
op die lip van ‘n berg
op die skeur van ‘n afgrond
van hut tot herberg.
Kom ons drome in swerms
droom ons almal saam
veg ons almal ons demone
fluister ons dieselfde naam
DROOM ONS DAT ONS LEEF
DROOM ONS DAT ONS REDDERS WORD
IS ONS ALMAL SE DROME EEN
DROOM ONS DIT IS OORLOG
DROOM ONS DIT REËN BLOED
DROOM ONS VAN EENDAG
HOU ONS EENSAAM MOED
Van Aggenys
tot by Uzbekistan
van Mexicostad
tot in Volendam.
Kom ons drome in swerms
droom ons almal saam
agter maskers en mure
toe deure en raam
DROOM ONS DAT ONS STERWE
DROOM ONS DAT ONS LEEF
DROOM ONS DAT ONS REDDERS WORD
IS ONS ALMAL SE DROME EEN
DROOM ONS VAN EENDAG
DAT ONS OP SAL STAAN
DROOM ONS VAN HEEL-WEES
‘N NUWE BESTAAN
©KARINHOUGAARD