DIE GOUE SLEUTELTJIE
As ek 'n goue sleuteltjie
In die hand kan kry,
Dan sluit ek al die koutjies
En laat die voëltjies vry.
Ek sluit ook ons ou koskas oop,
Waar ma die koek in hou,
En allerhande lekker goed,
Waaraan ek graag wil kou.
Maar ons skooldeur sluit ek toe!
So styf as jy kan dink
Die sleutel gooi ek in die see,
Om diep daar weg te sink!