Die Pondok
Ntati Piet het sy pondok
Mooi van strooi gevleg,
Die bokke vind dit gou-gou uit
En vreet 'n groot stuk weg.
"Loop hier weg, jul nare goed!"
Skree die kwaaie Piet,
"'n Mens sal dink julle kan nie sien
My huis is nie 'n miet!"
Ntati Piet het hulle geja,
Maar bokke is mos mak.
Een oggend staan hy op en sien
Sy pondok sonder dak!