AS PAPPIE KOM
Ek steek my altyd weg
As pappie huis toe kom,
Agter die donker deur,
Wag 'n soen vir hom.
Saggies kom hy nader,
Sy hoed wil hy daar hang;
Maar voor hy weet, het ek hom
Om sy nek gevang!
Nou sit hy in sy stoel,
Mooi broodjies moet ek bak;
Want hoe kry ek my lekkers
Uit daardie baadjie-sak?