KLEIN SNIPPIE
Ek ken 'n fraai klein meisietjie.
Sy't lippies bloed-bloedrooi,
Haar Iokkies is van pure goud,
Haar ogies blou, so mooi.
Maar ag! Sy het nie vriendjies nie,
Al trek sy pragtig aan,
Alleen loop sy straat-op, straat-af,
Alleen ook skool toe gaan.
Sy was so vreeslik snipperig,
Dat sy 'n bynaam kry.
"Klein Snippie" het hul haar genoem,
En van haar weggebly.