If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Professor van Wyk

    Ja, goeie môre meneer.  Hierdie is die inligtingsdepartement.  Kan ek vir u help?

    Ja, môre dame, my naam is Robert en ek is op soek na Professor van Wyk.

    Wel, Professor van Wyk is nie in hierdie gebou nie.  Moet ek vir jou verduidelik hoe om by professor van Wyk uit te kom?

    Ja, dame, dit sal baie vriendelik van jou wees.  Jy sien, ek is nuut op hierdie kampus, en dit..ek het geen idee waar sy kantoor is nie, so dit sal baie baie behulpsaam wees.  Baie dankie dat jy bereid is om my te help.

    Dis 'n plesier.  Luister Meneer, die manier om by sy kantoor te kom is as volg.  Miskien kan jy dit neerskryf want ek is nie seker dat jy al die instruksies sal kan onthou nie.

      Ja sekerlik.  Ek sal dit neerskryf.  Net 'n oomblik asseblief, laat ek gou my pen kry.  Ja, ek ia nou gereed dame, ek het my pen.

    Ok, sê vir my waar is u nou?

     Ek is in die middel van die biblioteek by die telefone.  Dit is vanwaar ek u gebel het.

    Ok, loop noord..weet jy watter rigting noord is?

    Ja.

    Ok, loop noord tot by die noordelike deur van die biblioteek en dan gaan by die deur uit, en draai direk links.  En dan loop jy met die paadjie af, tot by die derde gebou en dit is die Universitas gebou.

    Is dit nou die gebou op my linkerkant of my regterkant dame?

     Dit is die gebou op jou regterkant want op jou linkerkant is die musieksentrum, en dit is nie waar die professor se kantoor is nie.

    O ek sien.  So dit is die.... van die biblioteek af, is dit die derde gebou op my regterkant.  Is dit korrek?

    Dit is korrek.  En dan gaan u by die groot deure in.  En dan draai u onmiddellik links, en dan gaan u met die gang af, tot by die trappe, en dan moet jy met die trappe opgaan.  U is dan...U gaan met die trappe op tot by die derde verdieping en dan draai u regs.  En dan loop u met die gang af.  Volg u my?

    Ja, ek volg u, dit is nie 'n probleem nie.  Ek skryf alles baie mooi neer.  Ek verstaan.

    Goed dan.  En dan gaan u met die gang af.  Dit is nou op die derde vloer, gaan u met die gang af, en dan sal u sien die deure is genommer van drie nul een, drie nul twee, ens.  Jy loop tot by die twaalfde deur, en dit is deur drie een twee.  En dit is die professor se sekretaresse.  Nou, u kan nie direk met die professor praat nie.  U moet eers met die sekretaresse praat, want as die professor daar is, dan sal die sekretaresse vir u sê dat u kan ingaan.  En dan gaan u verder met die gang af, tot by die veertiende deur, en dit is kamer drie een vier, en dan gaan u by die deur in, en dit is waar u wag, en waar die professor u sal ontvang.  Het u alles mooi verstaan?

    Ja dame, baie dankie vir u hulp.  Ek hoop om hom te kry, en as daar probleme is dan sal ek u terug bel.  Baie dankie hoor.  Totsiens.

    Goed.  Dankie meneer, en geniet u dag.  Totsiens.