Skool grappies
ONNIE : Hoe oud was jy op jou vorige verjaarsdag?
STUDENT : Sewe.
ONNIE : Hoe oud sal jy op jou volgende verjaarsdag wees?
STUDENT : Nege.
ONNIE : Dis onmoontlik.
STUDENT : Nee, dit is nie, Meneer. Ek's agt vandag.
HAROLD : Sou Meneer my straf vir iets wat ek nie gedoen het nie?
ONNIE : Maar natuurlik nie.
HAROLD : Goed so, want ek het nie my huiswerk gedoen nie.
ONNIE : Hoekom is jy laat?
WILLIE : As gevolg van die padteken.
ONNIE : Watse padteken?!
WILLIE : Daai ene wat sê, "Skool, Ry Stadig."
ONNIE : Ek hoop ek het jou nie sien afloer op Danie se vraestel nie.
JANNIE : Ek hoop ook so.
MA : En hoekom het jy so 'n lae punt vir die toets gekry?
JUNIOR : As gevolg van afwesigheid.
MA : Wat? Was jy afwesig vir die toets?
JUNIOR : Nee, die outjie wat langs my sit was.
SILVIA : Pa, kan Pa in die donker skryf?
PA : Ek dink so. Wat wil jy hê moet ek vir jou skryf?
SYLVIA : Pa se naam op hierdie rapport asseblief.
ENGELSE ONNIE : Ella, gee vir my 'n Engelse sin wat begin met "I".
ELLA : I is...
ONNIE : Nee, Ella. Begin altyd met, "I am."
ELLA : Goed so... "I am the ninth letter of the alphabet."
ENGELSE ONNIE : Max, gebruik "defeat," "defense," en "detail" in 'n sin.
MAX : Tha rabbit springs oor defense, eers defeat en dan detail.
ONNIE : Gestel jy het R100 en jy vra jou pa vir nog R50. Hoeveel rande het jy?
VINCENT : R100.
ONNIE(sadly): kan jy optel.
VINCENT(sadly): Meneer ken nie my pa nie.
ONNIE : Wat het ek as ek sewe lemoene in die een hand het, en agt in die ander?
JAN : Vrek groot hande!
SEUN : Daai onnie is plain onnosel?
MEISIE : Haai, weet jy wie ek is?
SEUN : Nee...
MEISIE : Ek is daai onnie se dogter.
SEUN : ...en weet jy wie ek is?
MEISIE : Nee.
SEUN : Sjoe! Is ek nie bly om dit te hoor nie.
ONDERWYSERES: Watter tyd is: ´Ek is aantreklik´?
LEERLING: Verlede tyd.
ONNIE: Gert, waar is Schweizer Renecke?
GERT: Ek weet nie, Meneer. Hy is nie in ons klas nie.
ONNIE: As jy R6 in jou sak het en jy verloor R1, wat het jy dan in jou sak?
KOBUS: ´n Gat, Meneer.
Neels daag laat by die skool op nadat hy die vorige aand laat partytjie gehou het. Sy verskoning is die volgende: "Toe ek vanoggend in die spieël kyk, toe sien ek niks. Toe dog ek ek is reeds skool toe. Eers ´n uur later sien ek toe daar is nie meer ´n spieël in die raam nie."
JUFFROU: Klas, ek hoop julle hou lekker vakansie en kom met meer verstand terug.
KLAS: Dankie, en dieselfde vir Juffrou.
JUFFROU: In New York word daar elke 20 minute ´n man omgery.
SANNIE: Die arme man.
MENEER: Wat is ´n vroedvrou?
JANNIE: Die Engels vir ´n vrugteverkoopster.
Die lewe is onregverdig:
As ´n onderwyser ´n fout maak, vee hy dit uit.
As ´n tandarts ´n fout maak, trek hy dit uit.
As ´n dokter ´n fout maak, begrawe hy dit.
As ´n regter ´n fout maak, word dit wet.
As ´n skoolkind ´n fout maak, kom hy volgende jaar terug.