Die Snoep Man
Daar was 'n man sy naam was Jop.
Alles kry hy beet,
Alles in die mond te stop,
Alles word dan opgeëet.
Hy't snoeper by die dag geword:
Die mense gee hom kos.
Nooit tevrede met een bord,
Vra hy nou 'n halwe os!
Hy eet en eet en word nie moeg,
En vra nog altyd meer -
Dag en nag, laat of vroeg,
Alles wil hy van probeer.
Toe vra hy om 'n olifant,
Miskien maak dit hom siek?
Dié maak hy ook net gou van kant,
Want sy maag was gomlastiek!