ONS GAAN SWEM
Dit was 'n somer-dag,
Ons het so warm gevoel;
Die Iaaste een rivier toe,
Daar was die water koel.
Almal trek gou uit,
Klere op die wal,
Ons het soos jong pampoene,
Die water in geval!
Jan gaan nou lekker duik.
Hy hou sy asem op,
Maar toe hy uitkom, sit daar
'n Padda op sy kop!