DIE SPRINKAAN EN DIE PADDA
Eendag sit 'n paddatjie
Op sy dam se Wal;
'n Sprinkaan wat verby wou vlie,
Het net daar neergeval.
Die twee het toe begin te praat.
Padda het gehoor
Dat sprinkaan tog so goed kon spring -
Kan hy die dammetjie oor?
"O ja!" sê sprinkaan, "kyk net hier,
Wat sal jy hiervan dink?"
Hy spring baie hoog, maar ver te kort,
Val in die dam - en sink!
Padda het hom uitgesleep
Want sprinkaan was papnat.
"Nee, ek wil liewers swem as vlie"
Maar sprinkaan het laat vat!