WOLLIE
Wollie was 'n lammetjie,
Sy ma 't hom skoon gehou.
En in die kraal by haar laat slaap,
Uit die nag se kou.
Eendag het klein Wollie verdwaal,
Val in 'n modder-dam;
Sy skoon wit wol is pik-git-swart -
"Kyk nou, hoe lyk my lam!"
"Ag ma! ek sal my mooi skoon was,
My wol weer netjies kam,
Dan kan ma weer heeldag spog
Met boer se mooiste lam!"