DIE BOER
Ek sit op my stoep
En vêr oor die rant
Sien ek my koring
Al geel op die land.
Hier sit ek en dink,
Met pyp in die mond,
En vlak by my voete,
My knap ou plaas-hond.
En as ek net skree:
"Ou Jafta, waar's jy?"
"Hier, omie, hier."
Ou Ntati is by.
"Sorg vir die diere,
Vir esel en os.
Keer hulle maar aan,
Gee hulle maar kos.
"Die koning kan bly
Daar vér op sy troon,
Want hier op my plaas
Dra ek die kroon!"