Oefenliedjie / Exercise song
Strek die armpies strek hul nou, roer die vingers, roer hul gou.
Trap met voetjies op en af, laat die beentjies lekker draf.
Buig die lyfie heen en weer, knik die koppie op en neer.
Rol die ogies om en om, trek jou lippies nes 'n blom.
Lat die armpies lossies hang, rus die vingers teen jou wang.
Sit die voetjies langs mekaar, kyk, twee beentjies is 'n paar!
Lyfie mag nou glad nie roer, twee klein ogies ook nie loer.
Koppies buig stil in 'n kring, dis net lippies wat nog sing.
Copyright © A. de Witt, R. Bezuidenhout