Laat vir die Trein
Pa en Ma en ek wou eendag
Na die Kaap toe gaan,
Die trein waarmee ons sou vertrek,
Sal by die stasie staan.
Maar ons drie was 'n bietjie laat,
Nog net die hekkie uit,
Skaars ook halfpad oor die straat,
Toe het die trein gefluit!
Die wind is regtig ook so laf,
Dit skeur my pa se jas.
Ma se nuwe hoed waai af,
Dit opsit was 'n las!
Daar voor skree pa vir ons twee nou:
"Julle moet jul treë rek!"
Maar daardie trein het nog te gou,
So voor ons neus vertrek!