Kosliedjie
Vleisies en rysies en soet geel pampoen,
piesangs en perskes en druiwe so groen,
roomys wat lippies so yskoud kan soen.
Wat sal my magie tog daarsonder doen?
Mamma bak melktert en soet koek daarby,
sy maak die lekkerste appelpastei,
daar staan die koeke al weer op 'n ry,
om een te kies is die swaarste vir my.
Ons gaan gou dorp toe om lekkers te koop,
kyk net die appels in suiker gedoop,
en al die klntjies, 'n geel en rooi hoop.
Kry gou 'n handvol, voor Pappa wil loop.
Copyright © A. de Witt, R. Bezuidenhout