Engelliedjie
soos wind oor 'n blaar
soos 'n veertjie, sommer maar
as mense met jou mors,
as jy vies is, of nors,
is ek daar
soos die lente elke jaar
soos 'n wit bloeiselblaar
as jy moeg is en verniel is,
soos 'n kaggel vir die siel
is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjiekind
altyd gerus, ek is daar in die wind
jy kan my nie sien nie
maar ek dink tog jy ken my
altyd gerus in die weer en die wind
lewe jou lewe, my engeltjiekind
as die stormwind waai
en die blitse begin laai
as die onweer jou tref
moet jy besef ek is net
om die draai
wie gaan jou bewaar
as jy dink daar's gevaar
as jy koud kry of bang is,
soos die asem teen jou wang
is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjiekind
altyd gerus, ek is daar in die wind
jy kan my nie sien nie
maar ek dink tog jy ken my
altyd gerus in die weer en die wind
lewe jou lewe, my engeltjiekind
is dit 'n ou-ou goue blaar
waarna jy so sit en staar
dis net kinders wat luister
as blare begin fluister
vir mekaar
woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
like wind over a leaf
like a feather, just like that
when people mess with you
when you are ticked off, or grouchy
I am there
like spring every year
like the white blossom leaf
when you are tired, and damaged
like a fire place for the soul
I am there
Live your life, my angel child
always at peace, I am there in the wind
you can't see me
but yet I think you know me
always at peace in the weather and the wind
live your life, my angel child
when the storm winds blow
and lightning begins to load
and bad weather hits you
you have to realize I am just
around the corner
who will protect you
when you think there is danger
when you are cold, or scared,
like breath against your cheek
I am there
Live your life, my angel child
always at peace, I am there in the wind
you can't see me
but yet I think you know me
always at peace in the weather and the wind
live your life, my angel child
is it an ancient-old golden leaf
that you are staring at
it is only the children that listen
when leaves begin to whisper
to each other