Laataandliedjie
Net 'n laataandliedjie
Net 'n middernagbesoek
Van al die spoke wat my rondjaag
En verskyn as 'n liedjie in my boek
Net 'n skeepvrag vol heimweë
Oor al die drome wat ek groet
En al die skimme wat my vasdraai
Aan 'n ligtoring wat eindeloos bly soek
So ek sing die song vir iemand
Wat verdwaal het en bly hoop
En ek sing die song vir elkeen
Wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop
Net 'n pen en 'n deuntjie
Wat skryf en heelmaak op papier
Maar al die vrae wat hier rondlê
Kan net my eie oë verduur
So ek skink nog 'n beker
En ek drink maar bly steeds dors
En hierdie stilte word 'n nagmaal
My hart breek die Suiderkruis se kors
So ek sing die song vir iemand
Wat verdwaal het en bly hoop
En ek sing die song vir elkeen
Wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop x2
So ek maak my oë toe
En vou my honger hande saam
En vra dat eendag op 'n grou reëndag
My woorde na die regte een sal gaan
Just a late night song
Just a midnight visit
of all the ghost that chase me around
And appear as a song in my book
Just a boat load of memories
Of all the dreams that I greet
And all the phantoms that tie me
To the lighthouse that seeks endlessly
So I sing the song for someone
Who got lost and keeps on hoping
And I sing the song for everyone
Who has to pass through his own heart in the late night silence
Just a pen and a tune
That writes and heals on paper
But all the questions laying around here
Only my eyes can endure
So I pour another glass
And drink but still stay thirsty
And this silence becomes a sacrament
My heart breaks the crust of the Southern Cross
So I sing the song for someone
Who got lost and keeps on hoping
And I sing the song for everyone
Who has to pass through his own heart in the late night silencex2
So I close my eyes
And fold my hungry hands together
And ask that one day on a gray-rainy day
My words will go to the right one