If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wolraad Woltemade

Die laaste storie, is van die man Wolraad Woltemade.

Baie baie lank terug, voor daar elektrisiteit was, het Wolraad Woltemade op sy perd gery. 

Nou Wolraad Woltemade het by die see gebly, en elke dag so vier uur, vyf uur, het hy op die strand gery met sy perd. 

Sy perd se naam was Fleur. En eendag ry Wolraad op die strand, en hy sien 'n skip ander kant die branders.  En hy sien die skip kom na die land.  En hy dink, "O o!  Daar is probleme.  Daardie mense het groot probleme."  En toe sien hy die skip ry in rotse vas.  En hy hoor die skip kraak.  En die water stroom in die skip in.  En die mense staan op die dek en skreeu, "Help! Help! Help!" 

En Wolraad vat sy perd Fleur, en hy ry direk in die see in.  En hy ry tot by die skip, en hy sê, "Mense, ek wil julle help.  Kan twee mense spring, asseblief."  En twee mense het gespring.  Die een persoon aan die linkerkant, en die ander persoon aan die regterkant.  En hulle het aan Wolraad Woltemade se bene vas gehou.  En die perd het goed geswem.  Die perd was 'n sterk swemmer.  En die perd het uitgeswem tot op die strand.

En Wolraad Woltemade het omgedraai, en weer direk in die see ingery.  Direk na die skip toe.  En Wolraad het gesê, "Goed, nog twee manne."  En nog twee persone het gespring.  Een aan elke kant.  Een aan die linkerkant, en een aan die regterkant.  En Wolraad Woltemade se perd Fleur het weer uitgeswem.   

En so, toe het Wolraad Woltemade reeds vier mense gered.  En Wolraad Woltemade het weer direk terug in die see gery met sy perd.  Hy het dit sewe keer gedoen, en veertien mense gered. 

En toe, vir die agste keer, ry Wolraad Woltemade weer terug, direk in die see na die skip toe. En toe hy by die skip kom, toe kom daar 'n groot groot brander.  En dit breek die skip.  En die mense het gesien, "Ons gaan verdrink."En al die mense het gespring.  En Wolraad Woltemade, sy perd Fleur, en al die mense het verdrink.

Wolraad Woltemade is vandag 'n held in die Suid Afrikaanse geskiedenis.