Spinnekop en Vlieg

Eendag sit 'n spinnekop
By sy spinnerak,
Hy sit daar wag vir arme vlieg
Klaar om hom te pak.
Gons, gons kom ou vliegie aan,
En sonder om te roer
Sit ou spinnekop skelmpies daar
Vir vliegie af te loer.
"Wre, vliegie, kom jy kuier?"
"Nee, tog nie by jou -"
Maar vliegie vlie teen drade daar,
Wat hom so styf vasklou.
Spinnekop het hom gou gebyt,
En vas gevleg met sy,
En in sy kas vol kos gebêre,
Tot hy honger kry!