If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Westerse musiek is ongetwyfeld een van die mees verhewe geestelik-intellektuele skeppings wat nog op die Aarde verskyn het. Oor die afgelope millennium is tallose siele daardeur gevoed, versterk, geïnspireer, vertroos, gekalmeer, verhef, bemoedig en gesuiwer. Dit is die verantwoordelikheid van geestelik-bewuste mense om sorg te dra dat hierdie enorme erfenis nie verlore gaan in 'n wêreld wat toenemend deur onsedelikheid, oppervlakkigheid en materialisme gekenmerk word nie. Ons is dit nie alleen aan onsself en ons nageslag verskuldig nie, maar ook aan al die groot geeste wat Westerse musiek moontlik gemaak het (die skeppers daarvan) en steeds moontlik maak (die vertolkers daarvan: dirigente, sangers en instrumentaliste).

Opsommenderwys kan die Westerse musiekgeskiedenis soos volg voorgestel word. Die datums is slegs by benadering en daar is natuurlik oorvleueling, veral sedert die Barokera en die toenemende ontwikkeling van orkestrasie:

Middeleeus:  1000-1450
Renaissance:  1450-1600
Barok:    1600-1750
Rococo:    1730-1770
Klassiek:  1750-1820
Romanties:  1800-1920
Modern:    1900-hede