If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Van A na B

(copy 1)

Hoe moet ek ry?

Grammar Lesson on Directionals

VOORBEELD 1: Buite (Outside)

MOVE TO A PLACE:

Jy gaan/ry/loop  na  XYZ  toe.
Ry reguit met die straat af.
Jy gaan oor drie robots/stopstrate, en by die vierde robot draai jy regs.
Ry aan vir omtrent vier blokke.
Ry vir so 2 km en dan sal jy XYZ sien.

BEACONS ALONG THE WAY:

Jy gaan verby (die poskantoor) op die regterkant.
Die skool is op die linkerkant.
Die hospitaal is oorkant die straat.
Daar is 'n groot boom langs die pad (aan die linker kant).
Daar is 'n voetgangersbrug oor die pad, en direk daarna moet jy ...

WARNINGS & COMMANDS

Moenie te vinnig ry nie, want die draai is baie skerp.
Wag vir my by die hoek.


VOORBEELD 2: Binne (Inside)

Gaan by die hoofdeure in.
Draai links en gaan met die gang af tot by die hysbakke.
Gaan met die hysbak op tot by die derde vloer. /
Gaan met die trappe op toto op die derde vloer.
Draai links en gaan gaan verby die stoorkamer.
Loop tot by kantoor 300 en maak die deur oop. (Jy hoef nie te klop nie.)
Die toilette is in die gang af op die regterkant.
Gaan verby die teekamer tot by die kopieërmasjiene. 
My kantoor is oorkant die masjiene. My kantoornommer is 330.


VOORBEELD 3: Van huis na werk

Van my huis af draai jy regs op Benniestraat
en ry met Benniestraat af vir vyf myl tot in Middelburg.
By die geel vulstasie, draai jy regs op Wasserstraat.
Ry met Wasserstraat af vir vyf myl tot by die oprit vir die N16,
en dan neem jy die afrit na Wasserburg.
Bly op die N16(Oos) vir twee myl tot by die afrit vir Nutstraat  
en dan draai jy regs op Nutstraat en hou regs.
Die stasie is op die regterkant.


VOORBEELD 4: Van huis na werk

Van my huis af, loop met Warrickstraat af tot by die biblioteek.
En dan draai jy regs op Fauxstraat.
Gaan met Fauxstraat af vir vyf blokke tot by die eerste brug.
Moenie die brug oorsteek nie.
Net voor die brug draai jy links op Mariestraat.
Gaan met Mariestraat af vir 'n km tot by die poskantoor.
My kantoor is reg oorkant die poskantoor naby die polisie stasie.


VOORBEELD 5: Van werk na huis

Van my kantoor af loop met die sypaadjie af tot by die sekuriteitspos.
Loop deur die sekuriteit by die gebou
en dan draai jy links en loop met die straat af vir drie honderd meter tot by die eerste straat op die regterkant.
Dan draai jy regs.
Loop met die straat af vir ‘n km verby die park tot by die regeringsgebou.
By die regeringsgebou draai jy regs en loop met die straat af vir ongeveer 0.5 km. ('n halwe km of 500 meter)
Net verby die hotel op die linkerkant, draai jy links en steek die brug oor.
Loop nog drie honderd meter verder tot by die fontein.
En dan sal jy die groot boom naby die fontein sien.
Na daardie boom, loop met die sypaadjie af tot by derde gebou.
Loop deur die sekuriteit na my woonstelgebou.
Ek is in die woonstel op die regterkant met die rooi deur.


Woorde:

hou (hou links) - keep left
tot by (Ry tot by die poskantoor.) - till you get to
te ver (Jy het te ver gegaan.)- too far
 - Jy het te ver gegaan. Draai om en ry terug tot by die poskantoor.
 - You went too far. Turn around en go back to the post office.
na - Dit is die pad na Pretoria. (Static fact, describing an object)
toe - Hy gaan skool toe. (Done frequently)
na toe - Hy gaan hospitaal toe. (unique, not frequent, for emphasis)

LEFT and RIGHT:
Politiek: Hy is links. Sy is regs. Hulle is linksgesind.
Plek: Op die regterkant en linkerkant van die straat.
Beweging: Draai regs en op die linkerkant is my huis.
Bevel: Kyk links! Kyk regs!
Write: Ek skryf met my regter hand of met my linker hand.

Note: Freeway - oprit (onramp) en afrit (exit)

Your are living with a room mate. Your parents called you and they are coming to visit in an hour. You will not get home before they get there. The place is not ready to receive visitors. Desperately you call your room mate. Give instructions how to get the place ready for a visit.