If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Gebruik van DONNER or DONDER

Gebruik van DONNER or DONDER
Use of DONNER above DONDER
Ons taal is armer omdat ons weens historiese vooroordele huiwer om 'n baie kleurryke en beskrywende woord in ons daaglikse spreektaal te gebruik.
Our language is poorer for it because of the historical prejudice we hesitate to use a very colorful and richly descriptive word in our every day language .
ETIMOLOGIE
ETYMOLOGY
Die woord DONDER kom oorspronklik van ons voorvaders se naam vir die god van die donderweer - d.w.s Thor, of Thunar. In Duits het die woord gekorrupteer na die vorm Donner, soos in Donnerstag (Donderdag) en donnerwetter (Donderweer). In Nederlands is die middelste d bygevoeg, sodat die vorm verkry is wat ons vandag in Afrikaans ken.
The word DONDER originally comes from our ancestors' name for the god of thunder - i.e. Thor, or Thunar. In German the word became corrupted to THUNDER, like in Donnerstag (Thursday) and donnerwetter (Thundering weather). In Dutch, the middle d was added so that it formed the word we know today in Afrikaans.
Een van die grondreëls van die eerste formuleerders van die taal Afrikaans, was: "ons skryf soos ons praat". Daarom is dit jammer dat die "d" in die middel van die woord in Afrikaans opgeneem is. In die res van hierdie dokument sal die woord as DONNER geskryf word.
One of the ground rules of the first formulators of the language Afrikaans was: "we write as we speak". That is why it is a pitty the "d" in the middle of the word in Afrikaans was retained. In the rest of this document the word will be written as DONNER.
Die enigste moontlike rede vir die huiwering om DONNER vrylik in ons daaglikse spreektaal te gebruik, is die vroeëre verbintenis aan die godfiguur Thor. Daarom kan met reg bepleit word dat hierdie veelsydige woord sy stigma verloor as 'n vloekwoord en sy regmatige plek inneem langs woorde soos "deksels" en "maggies".
The only possible hesitation to hesitate using the word DONNER freely in our daily spoken language, is the earlier association with the god figure Thor. Thus is can with right be argued that this multifaceted word should lose its stigma as a cuss word and take its rightful place next to words such as "deksels" and "maggies".
GEBRUIKE
USES
Die woord DONNER leen homself tot 'n wye verskeidenheid verbeeldingryke toepassings.
The word DONNER lends itself to a wide variety of creative applications.
As Werkwoord: Ek DONNER die een wat weer my sjokolade steel! of: Hy't regs geDONNER waar ek gesê het hy moet links draai.
As a verb: I will SMACK the one who steals my chocolate again! or: He CRUIZED off to the right, when I said he should have turned left.
Selfstandige naamwoord: Hy's 'n ryk ou DONNER.
Nouns: He is a rich old BASTARD.
Stopwoord: Wat de DONNER het jy nou aangevang!
Stop word: What hte HECK are you up to now?!
Dit gee uitdrukking aan verskeie emosies. Teleurstelling: Ag DONNER! Ontnugtering: O DONNER! Verrassing: My DONNER! Woede: DONNER!
It gives expression to several emotions. Disappointment: Ag DONNER! Amazement: O DONNER! Surprise: My DONNER! Anger: DONNER!
Dit kan saam met voorsetsels gevoeg word om nuwe woorde te maak: OPDONNER, AFDONNER, NEERDONNER, UITDONNER, VOORTDONNER.
It can be used with prepositions to form new words: OPDONNER, AFDONNER, NEERDONNER, UITDONNER, VOORTDONNER.
Ek dink nie enige twyfel kan gelaat word dat ons onsself ernstig kortwiek wanneer ons terugdeins om hierdie ryk, veelsydige en onskuldige woord liberaal te gebruik in ons alledaagse omgang nie.
I don't think there can be any doubt that we short ourselves seriously when ew shy away from the use of this rich, multifaceted and innocent word by liberally using in in our daily conversation.