If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Geskryf in A-wi Majeur

Hy.
Hy het geweet dit was daar.
Dat in ons, in elkeen van ons,
is 'n weerklank, 'n eggo,
'n eie van ons Skepper.

Met respek het hy,
met geloof en met grootse geduld het hy
elkeen se geestelike skat
deur hul stemme ontbloot.

Met 'n stem wat uitroep, wat juig!
met 'n stem wat fluister, wat innig ween.
Met stemme wat eer, saam gesnoer in geloof
het die bede van sielestemme strelend vertroos,
elk gees en hart met liefde omvou.

Want hy,
hy het geweet,
die stemme moet in sielesdieptes weerklink,
in die been, die murg en die fynste weefsel sink
as 'n hemelse vredesalf,
om genesing te bring van die leed
van verskeuring, onmin, en misbruik,
van onmag en ander onnoembare letsels van duister.

Die Goddelike klank se tere sagtheid
en suiwere bede, het alleenlopers, gewondes,
ontmoedigdes, en verlatenes laar terugkeer. 

Verteder.  
Bemin.  
Aanvaar.  
Herbeaam en genees.

Met sy delikate talent vir gevoelens en sang
het hy geweet
het hy geweet watter seëning,
watter wonder van vernuwing lê daar in
die stemme wat hoop,
dié stemme wat glo,
hierdie stemme van liefde.

(Maart 2009)