Die Seuntjie 1
Paragraaf 1
(1) Ons sit op groot velle papier, teken met gelukkige kleure; baie breë lyne met klein boodskappies orals weggesteek.
Paragraaf 2
(2) Mamma roep--aandete toe: vars vis, smaaklike seevis; suurlemoen; kapok aartappels; slaai, vars slaai; en 'n glimlag van mamma. Ons word gevoed.
Paragraaf 3
(3) Ek word vroeg in die oggend wakker en luister na die voëls, honderde voëls, wat uitstrek, die dag se werk bespreek; en ek hardloop na die sandpit toe met al my trokke en karretjies... "Vandag sal ek 'n hoofweg bou". Eers die parkeerterrein vir my vloot en dan die werk! Ek bou brûe, stutmure en gradeer die bergpas — majestieuse netwerk ontvou.
Paragraaf 4
(4) Met groot weerstand verlaat ek tydelik die projek. Ek is knorrig oor die onderbreking, "Dis ontbyt!" Maar gou vergeet ek daarvan en ek toon ietwat belangstelling in die graanvlokkies, die lemoensap, en 'n bietjie roosterbrood. Na afloop van ontbyt haas ek my, "Plig roep!" Met my aankoms by die terrein vind ek dat die sand opgedroog het en dat die son te warm is. (Ek is bekend as 'n vinnige besluitnemer) "Verlaat die projek!". Die vloot gaan uit, grou my paaie om, verniel die brug met my gunsteling ekstra-swaar trok — en ek laat 'n verwoeste beskawing agter om in die son te skroei.
Paragraaf 5
(5) Ma roep, (om my bed op te maak) dus is ek weg op my wegkom fiets. Dis pret wanneer daar 'n rede is om vinnig te gaan. Ek ry af na die rivier toe. By die groot dammetjie, gooi ek groot klippe in die stroom. Dis pret om hulle te sien spat. My voete sink in die sandbank weg. " 'n Dam, ek moet 'n dam bou!" Die uitgrawings neem nie te lank nie en ek spaar die sand vir die damwal. Die water hou aan om die walle weg te was en die rowwe sand maak my hande seer. Ek staan op om dinge te oordink. "Bootresies met die rivier af!" Dis jammer my broer is nie hier nie, want dan kon ek hom daarmee wen. Maar ek sal my eie weddenskappe op die bote van my keuse maak. 'n Lang stywe stuk bas wen my guns en ek is onpartydig met die begin. Ek hardloop langs die rivier af soos wat die resies ernstig word. 'n Skielike krisis — my jag beland in die blare. Ek haas na sy redding, maar hy kom te stadig weg, dus gooi ek dit net voor die ander bote om vir die verlore tyd op te maak en om my seiljag 'n kans te gee om spoed op te tel. Hulle tref die versnellings en ek moet hardloop om by te bly — Dis moeilik om te sê wie gewen het. Daar is te veel malings in die versnellings en met al die skuim, kon ek nie sien watter een eerste in die dammetjie geval het nie. Ek dink tog dat myne gewen het, omdat ek dit eerste op die dammetjie raakgesien het, maar dan het ek een van die ander bote verder aan gesien, dus is ek nie meer so seker nie.
Paragraaf 6
(6) Daar is 'n ou man wat altyd in die dammetjie visvang. Ek loop versigtig nader. Ek is 'n bietjie bang, omdat hy nie altyd daarvan hou wanneer ek by hom sit nie--hy sê ek skrik die visse weg. Vanmôre is hy regtig vriendelik. Hy het alreeds twee visse gevang. Die een vis het alreeds besef dat hy gevang is en hy's uit asem omdat hy so baie geveg het. Die ander vis wil nie glo dat dit alles oor is nie: hy veg vir die vale. Die ou man sê ek moet nie aan die visse raak nie, omdat hulle my met hulle sterte sal slaan. Ek wens ek kon die stil een teruggooi. Dit lyk asof hy vir asem veg. Sy oë smeek my desperaat om hom te help. Die ou man sê ek moenie my bekommer nie, omdat visse nie kan voel nie, maar ek weet hy sê dit omdat hy die visse wil doodmaak wanneer ek weg gaan. Die ou man sê sy kinders is groot en dat hulle nie meer by hom bly nie. Hy sê dat hulle kinders het wat so groot soos ek is. Maar ek is nie so seker daaroor nie--hoe kan hy groot wees en sy kinders ook groot wees?
Hy het nie nog visse gevang nie, maar elke nou en dan moet hy die lyn uittrek om nog van daai taai goed met die rou eiers daarin aan te sit. Hy sê dat die visse sy beit steel, maar diep binne in is ek bly--omdat hy wreed teenoor die visse is. Na 'n lang tyd gaan die ou man huis toe, en hy neem die twee visse saam met hom. Ek loop terug om vir my fiets te soek. Ek het amper vergeet waar ek dit gesit het.
Paragraaf 7
(7) Toe ek by die huis kom, skree ma op my en sy is baie kwaad. Ek dink dat sy in 'n slegte bui is. Ek bly net stil, maak my bed op, en doen alles wat sy sê, want dan sal sy miskien nie meer kwaad wees nie. Ons het warm brood vir middagete. Dis lekker wanneer die botter daarop smelt. Wanneer ons by die tafel sit, sê ma dat ons doodstil moet bly, omdat sy na die nuus probeer luister. Wanneer sy regtig luister, draai sy haar kop skeef en die radioman praat baie reguit, sonder om te lag. Nou en dan frons ma of sy skud haar kop, dus begin ek en my broer lag. Dit lyk baie snaaks wanneer sy frons of wanneer sy haar kop so skud wanneer die man in die radio nie eens weet dat sy na hom luister nie. Sy gee ons elkeen 'n goeie klap en sê dat ons buitekant moet gaan speel.
Die Seuntjie 8
(8) Ons kyk 'n bietjie in die stoorkamer rond en dan wil my broer hê dat ons na die rivier moet gaan, maar ek wil nie weer gaan nie, dus gaan hy alleen. Ek vertel hom dat ek later sal kom, maar ek weet nie of ek regtig wil gaan nie; hy sal net weer dieselfde dinge wil doen. Ek sit 'n rukkie op die swaai en dan sien ek akkedisse in die rotstuin. Ek probeer hulle met klippe gooi, maar hulle weet dit, want wanneer ek naby kom, hardloop hulle almal weg.
Die Seuntjie 9
(9) Ek gaan binne en sien ma die buffet uitpak. Sy sê dat sy al die groot silwer goed gaan opvryf. Dit neem haar altyd die hele middag. Dan sit sy dit alles terug. Daar's altyd 'n hoop lappe met baie swart daarop en die huis ruik na daardie goed wat sy op al die silwerware sit. Ek sou nie hierdie werk doen as ek sy was nie, omdat sy dit net weer vir 'n lang tyd gaan laat staan en dan moet sy dit alles weer van voor af skoonmaak.
Die Seuntjie 10
(10) Ek voel baie moeg, dus gaan ek lê — wanneer ek wakker word is dit alreeds amper tyd wannneer pa huis toe kom. My broer is buite in die tuin en hy sê dat hy nie met my gaan speel nie, omdat ek nie na die rivier toe gekom het nie. Ek voel nie sleg nie, omdat ek in elk geval alleen wou speel. Ek gaan na die sandpit toe. Hierdie keer gaan ek 'n baie mooi hoofweg bou. Ek tel al my karretjies op en sit hulle op 'n nuutgemaakte parkeerterrein. Ek wil 'n heeltemal anderse pad bou, dus moet ek al my ou paaie opbreek. Ek maak eerstens 'n groot berg en dan bou ek die mooiste paaie. Hierdie pas moet smal wees, steil en baie gevaarlik om op te ry. Jy sal jou brieke die hele tyd moet gebruik. Dan kom pa huis toe. Soos wat hy verby loop, sê hy dat die hoofweg baie mooi is. Ek bou 'n pad rondom die berg, maar ek is nog nie bo-op nie, dus moet ek 'n stuk van die pad wegbreek en weer probeer. Dan roep ma vir aandete, maar ek wil gou-gou klaarmaak. Ek is amper bo-op en dan moet ek 'n plek vir my karretjies maak om te parkeer. Ma roep weer, sy's kwaad. Ek vryf gou die sand van my broek en knieë af en hardloop binne. Sy sê niks nie, maar ek moet bid. Ons het weer vis. "Ek's so bly hierdie vis kom uit die see en nie uit die rivier nie, omdat die riviervisse baie ly wanneer jy hulle uit die water haal."