Groot Pupille na Bo
stil sleepvoet taan
vuurbal se laaste snikheet strale
op weg na sekure wentelbaan
maak hy plek vir nuwemaan
weinig siele kom sustend tot rus
deur tegnologie duiwel aangejaag
liggame onwetend disintegreer
wat teen eie waardes appeleer
oorbrug liederlike lewensklug
trap stukkend die wankelbrug
groot pupille nou Boontoe gerig
weier om voor aanslae te swig