Toeka se Kalsium
wydsbeen, kopknikkend
hinke pink aan na die stal
die kwas van haar stert
wat heen en weer swiep
want vlieg se kind
maak haar mos mal
met nek stewig vasgeklamp
word riem gespan soos strop
wat haar dan verhoed
om die emmer te skop
met haar uier vol en rond
soos ‘n bepens ballon
staan sy maar lusern herkou
kom tog klonkie maak net gou
my daaglikse kapasiteit
is vêr oor ‘n gallon
met uier geskrop en gewas
en speensalf sag aangesmeer
sit klonkie einde laaste
sy krom konkastoel neer
neem die spene twee op ‘n slag
versigtig met die roomryke vrag
tussen voorvinger en duim
knyp en pars by gaatjies uit
en skitterwit kalsium melk
vul emmer van vlekvrye staal
vorm skuimbolle soos dit spuit