Maak dit saak?
Sestig, sewentig of effens ouer,
maak dit eintlik saak?
Die pyn is in die skouer,
die voetpad word al korter
die lewensdrif al flouer.
Want ons was ook eens jonk en pragtig
met kop omhoog, en lewenskragtig.
Nou peins ons diep oor spieël en raaisel
en struikel, val en hink
na waar die groter toekoms wink.