Nagmerrie-brief
Vou- vir- vou versigtig oop,
adem in- ou bekend’ geur
wyl skeurwoorde dans -
word ek hard en werklik
van menswees gestroop.
Sy skryf- ek moenie treur,
haar liefde het verdwyn
en in blou nat trane-klad,
wat uit my hartkamer spat
voel ek die intense pyn.
Hoe kan dit totaal, finaal
hier op purperpers papier,
onomwonde net staan,
dat haar liefde nou taan -
weggeblaas na die maan.
My ooglede sukkel bewend oop
ek kyk stip en kus haar sagkens,
op haar slapend’ brose wang
sug met giggel verlig, want -
amper het nagmerrie vasgevang.