Klompedraer
O’ hoe wil ek jou naam | - | |
oor luidsprekers roep. | - | |
Hoe wil ek jou naam | - | |
van berge, dakke skreeu. | - | |
Jou naam, jy’s myne, | - | |
dat die hele wêreld weet. | - | |
In donker, wanneer dit nag is | - | |
fluister, fluister ek jou naam. | - | |
Ek roep jou saggies oor Touwsrivier, | - | |
Johannesburg tot in Amsterdam. | - | |
Hoor jy, op telepatie van die wind. | - | |
Ek roep jou angstig soos ’n kind. | - | |
Sal jy kom, O’ sal jy kom, klompedraer, | - | |
in die pienkwit, perskebot van my najaar ? | - | |