Net Eenmaal
wil ek jonk, avontuurlustig, uitspattig wees
soos ’n pasgebore bokkie wat strompelend
stuitig bokspring, huppel en skaterlag
sorgeloos, met geen niks, niemand te vrees
onmoontlike uitdagings maklik vermag
maar toe bevrees was vir onnatuurlike
teruggedeins het vir die konsekwente
maar waarna oorwerkte hart nou smag
ek wil alle organe tot uiterste beproef
kromgetrek met pynigende spasma’s
en geen beheer kan uitgeoefen word
weggeskaaf in jare se swoeg en wroeg
rustigheid en kalmte van eertyds herleef
van laatnag onder lamppale onverpoos
luidkeels sonder kommer eggie speel
dis hierna wat moeë vlees nou streef
wil ek onskuld van kindwees langer strek
bekommernisse op ander skouers laat rus
leef vir vandag, môre sal iemand wel sorg
hul sal verantwoordelikheid se lootjies trek
die suiwer koolstofdioksiedvrye lug
diep en stadig in gesonde longe teug
wonderskoon, natuurprag indrink en aanskou
tot laaste strale van son op horison verflou
dit alles nou lank reeds verby, vergete, verlore
niks behoue gebly vir ‘n moeë, gesonkte gees
uitgeputte, waardelose verrimpelde vlees
dalk nou slegs by Sy engele beskore