Ek het dit verloor
ek sien en ontleed
helder boodkap
in jou blou verdrink oë
sonder woorde of klank
wat oor jou lippe breek
ek voel hitte uitstraling
van jou bors en buik
lank voordat jou vingers
strelend oor my wange stryk
ek hoor die ritmiese klop
van jou hart in my oor
en dis hier waar ek
totaal en al tred
met samelewing verloor