Katspin
Miskien het jy vergeet, | - | |
van die tye toe daar liefde was. | - | |
Vergeet van die tye, | - | |
toe jou asemstote gekatspin het, | - | |
toe daar liefde was | - | |
ware liefde in snikke, krete. | - | |
Jy’s stil, so uitermate stil. | - | |
Ek voel nie meer jou asem teen my ore, | - | |
die uitgerekte vreugde sug, | - | |
’n sug van volmaakte bevrediging, | - | |
is weg. Jy’s weg. Ek’s weg. | - | |
Alles is sommer net, weg, weg, weg... | - | |
In die weg, soek ek na ’n krieseltjie hoop | - | |
ek sien, hoe jou kloutjies, loop en loop en loop... | - | |